Die Toortsie het ‘n houding

So ewe! Sy, my eie Toortsie, toer die hele wêreld vol en dit sonder my! Ek hoop darem sy laat haar liggie skyn daar waar sy gaan!

Sedert Toortsie se Bantingboerekos op 16 Desember 2015 haar verskyning gemaak het, het die wiele behoorlik gerol. Tot dusver was sy eintlik nog net op Agulhas, Struisbaai en Bredasdorp in winkels beskikbaar, die res is per posbestelling.

Tydens die Struisbaaise Kersmark het sy besonder goed verkoop en hierdeur het sy al redelik wyd in die land getoer. Party mense het my sommer op straat voorgekeer vir ‘n boek, ander het by my huis ‘n boek kom haal. Groot organisasie het soms gebeur sodat ‘n boekie by iemand kon uitkom.

Dit sal ook binnekort beskikbaar wees by Die Kunshuis, Clanwilliam.

Die lekkerste lekker is natuurlik as ek, uit die bloute ‘n oproep kry van iemand wat ‘n boek wil hê, maar nog lekkerder, is as ek, onverwags, ‘n sms kry met ‘n foto van waar Toortsie orals toer. Die posbestellings het in die begin baie stadig gegaan. Aanvanklik kon mense slegs deur Paypal bestel, wat party mense ontmoedig het. Hoe kan boerekos dan in Dollars betaal word? Dit lyk my noudat die mense begin terugkeer huis toe, begin dit makliker raak om met hul rekenaars ‘n bankoorplasing te doen. Bestellings kan ook deur BidorBuy gedoen word. Hierdie pakkies wag om gepos te word. 🙂

image

Hierdie Toortsies is op pad na die Midde Ooste, terwyl ‘n paar Toortsies eersdaags ook ‘n geleentheid sal kry na die Nederlande.
image

Groot dinge het gebeur sedert hierdie dag wat ek die proef in my hand gehou het.
image

En hier het ek die dag by Struisbaaise kersmark gestaan en besef ek moet daar weg, my senuwees sou dit nie hou nie. Dit was die heel eerste dag. Hoekom vat die man die boek, kyk daardeur, sit hom terug, vat hom weer, sit hom terug? Dan kom ‘n ander een en, woeps, in sy mandjie! Dis om van gek te word!  🙂
image

Die bekendstelling van die boek was ook ‘n nuutjie vir my.
image

image

image

image

Ek kyk redelik uit vir winkels regoor die land wat graag as versprydingspunte sal wil dien. Kontak my gerus asb. Of as jy dalk voel om as agent op te tree? Ek hoor graag van jou! Dit sal binnekort ook beskikbaar wees in Hermanus, by Ally Shoes. Hou ons blad dop.
image

image

image

Sommer nog Toortsies wat rondtoer: In Amerika, Australië, in Suid-Afrika!
image

image

image

Ag, dis tog só opwindend!

Mooi loop, my Toortsiekind,

Toorts

image

image

image

Ns. Danksy ‘n sekere blogmaatjie is Toortsie nou ook op pad na … New Zzzzzzz 🙂

BESTEL TOORTSIE SE BANTINGBOEREKOS HIER.

38 thoughts on “Die Toortsie het ‘n houding

  1. Hi, ek dink nou daaraan! Ek dink ek moet vir Tootsie NZ toe laat kom! Wat dink jy daarvan. Ek kan my SA rekening gebruik om te betaal as dit is! Moet net eers wag tot ek my nuwe debietkaart het omdat dit verval het. Kan dalk vir Tina vra om te help!

    Like

    1. Ek sal ook hierdie kant luister as iemand dalk in New Zeeland gaan toer, jy luistrr ook. Ek sal dan die boek by die SA adres kry, en aan die ander kant moet ons weer ‘n ander plan maak. Dit klink erg. Ek sal buetjie gaan hoor vandag wat ‘n posstuk sal pos. Ek weet die 3 boeke Holland toe se posgeld sou amper R400 wees, net soveel soos die boeke!

      Like

    1. Oeee dit sukkel! Daardie tekenry! Ek tik makliker as wat ek skryf. Ek dink ek mors soms in die mense se boeke. Dis my ma wat by my sit. Ek het nie vooraf vir haar vertel nie. Sies tog, dit was ‘n groot oomblik vir haar. Ek het haar die oggend gebel en laat haal. Die kinders het mooi verduidelik waaroor dit gaan. So ‘n week vooraf dit net terloops genoem.

      Like

  2. Baie geluk op ‘n pragtige resepte boek, tannie! Baie dankie vir my copy!!

    Ek is BAIE beïndruk met tannie se resepte boek! Dis so lekker om deur dit te blaai hier in Australië! Baie in my skik en beplan om die kinders by my day care ook te begin banting kos te voer.

    Baie liefde en groete,
    Shelagh

    Like

Gesels saam, asseblief!