daar’s water!

My laaste inskrywing in  my waterreeks, in opdrag van Scrapydo.  In November, 2013, het hierdie dinge gebeur en dis oorspronklik gepubliseer op die 17e November 2013.

Pietsrivier… Brandrivier… Kangarivier… Grootrivier…Touwrivier… Alles name wat ek nie geken het nie. Almal van kant tot wal vol. Al wat sloot is, loop. Al wat waterval is, val. Elke klofie, plekke waar jy nie eers geweet het water kan loop nie, loop. Wat ‘n gesig!

Ons het in die jaar ‘n plaas aangekoop langs die oewer van ‘n rivier, wat nou in vloed is. Genadiglik binne beheer, sonder onnodige skade. Dit was egter noodsaaklik dat ons aan die ander kant van die rivier kom, en daar is nie ‘n manier wat jy OOR die rivier sal kom nie. Mense wat weet, raai ons aan: “Vat die agterpad”…

Twee dinge van my man is vandag weer bevestig: As hy ‘n ding wil doen, WIL hy, en sal NIKS hom stuit nie; en hy het ‘n ingeboude kompas soos ‘n mier sal wens om te hê.

Ons het die “agterpad” gevat, sonder selfoonsein, sonder dat ons nog ooit daar gery het. Dit, terwyl daar soms ‘n vurk in die pad was… deur strome water, deur ‘n rivier waarvan die laagwaterbrug weggespoel het, af by steil bulte, weer opgebeur, soms teen 5 km per uur, deur die mooiste Klein Karoo veld en koppetjies, ‘n pad wat jy beslis nie elke tweede week sal ry nie, met die mooiste uitkykpunte oor damme en riviere. Rooi hartebeeste… gemsbokke… ‘n springbok wat voor ons in die paadjie hardloop. Dit raak ‘n avontuur.

Ons hét uitgekom waar ons moes, hier ‘n sloot gered, daar iets anders gedoen, en dieselfde veldpaadjie teruggebeur…

DSC07445 ??????????????????????????????? DSC07455 DSC07456 ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ??????????????????????????????? ???????????????????????????????

Groete,

sopnattoorts

Toortsie se faceboekblad.

16 thoughts on “daar’s water!

  1. Het nie tv nie, en lees nie koerant nie; het dus net so vaagweg van ‘n vloed gehoor…. maar niks gesien nie. Dankie vir die fotos…. en natuurlik baie bly julle is ongedeerd weer op droë grond. Wat is die lewe sonder ‘n avontuur hier en daar ingegooi 🙂

    Like

      1. Nou waar kyk ek as daar nie ‘n tv op hierdie erf is nie 😦 Sowaar nie besef dit is sooooo erg nie!!! Weet nie waar presies dit oral gereën het nie…. maar as Augrabies in vloed is sal ek wat gee om te gaan kyk…..

        Like

Gesels saam, asseblief!