Kennis is mag

Iewers in die Bybel staan daar dat ons te gronde gaan omdat ons nie die kennis het nie. Ek dink in vandag se tye is dit meer belangrik as ooit dat ons sal weet wat ons glo, dit in ons kop sal uitwerk, dit sal verstaan, sodat as ons gekonfronteer word, ons nie staan en klippe kou nie.

Die tyd is verby dat ons Islam kan ignoreer. Sonder dat ons dit besef, ongemerk, vestig Islam homself orals, op die kleinste dorpies. Ons besef dit nie, want ons koop nie by daardie winkels nie, of ons ignoreer hulle blatant. Maar dit kan ons duur te staan kom. En dis juis die rede dat ons sal seker maak dat ons ons Bybel ken, behoorlik ken, sodat ons nie op ‘n vreemde punt gekonfronteer word en begin twyfel nie.

Kennis word hoog aangeprys by Islam, volgens Mark Durie, skrywer van The Choice”,  ‘n boek oor Islam, Dhimmitude and Freedom. Ek het nog pas begin lees aan die boek, dit lyk nogals interessant. Die onderwerp waaroor hulle heelwat gaan skryf, is Dhimmitude, iets waarvan ek nog nooit gehoor het nie. Dhimmitude is iets wat blykbaar toegepas word in Moslembeheerde lande, teenoor Nie-Moslems. Ken julle die term? Wat weet julle hiervan af?

Dis vir my baie belangrik dat, sou jy oor Islam wil lees, jy veilige bronne sal gebruik. Daar is soveel betroubare boeke geskryf deur Christene wat in Moslemlande woon, of ervare Moslems wat tot bekering gekom het. Een so ‘n boek het ek kort gelede bespreek“Ten Amazing Muslims touched by God.” 

‘n Bybelstudieboekie wat ek regtig wil aanbeveel, is “Ontmoet jou Moslembure.” Dis ‘n Bybelkorboekie wat in ongeveer 12 hoofstukkies jou die basis van Islam leer, en hoe om ‘n vriendelik met ‘n Moslem om te gaan. Jy weet natuurlik dat die beste manier om iemand vir Christus te wen, deur vriendelikheid is en nie deur aanval nie? Ons móét onsself bemagtig deur die nodige kennis van Islam in te win. Bestel dit by Bybelmedia.

Kate McCord gee uiters waardevolle inligting in “In the land of Blue Burqas” oor hoe Moslems sekere dinge sien, teenoor die Christelike beskouïng. Hierdie is ‘n boek wat ek ten sterkste wil aanbeveel. Die boek leer nie net oor hoe hulle dink nie, jy leer ook baie van hulle leefwyse, hoe hulle oor vroue dink, ens. Dit is geskryf op grond van haar eie ondervinding tydens haar verblyf in Afganistan.

 

 

Ek skryf anderdag verder…

Groete

Toorts

Onthou om te loer by Pinterst vir skakels na al my boeke wat ek bespreek.

 

 

6 thoughts on “Kennis is mag

  1. Het nie lank gelede na ‘n ‘bybelstudie’ geluister waar die persoon redelik in diepte die Islamic geloof bespreek het. Die gevare is uitgelig…. juis dié dat hulle stadig maar seker besig is om hulself oral te vestig. Hy reken die anti-christ en valse profeet gaan uit hulle voortkom. Nou kan ek glad nie meer die persoon se naam onthou nie 😦

    Liked by 1 person

  2. Ek het ”dimmitude” ”gegoogle” en was heel verras wat dit beteken.Kyk gerus daarna op ”google”.

    Toortsie ek stem saam dat vriendelikheid no 5 Vrug van die Gees verseker iemand sal beweeg om te kan verander en natuurlik al die ander karaktereienskappe van ons Meester,die oorblywende 8 verseker iemand kan verander,waarvan liefde nie verniet no 1 is nie.Gal 5:22.NLV

    Groetnis.

    Like

    1. Ek het ook al bietjie rondgegoogle. Die boek is baie interessant. Dit behandel nou eers presies hoe Islam werk, hoe belangrik en volgenswaardig hy is. Ek respekteer hul daarvoor.

      Like

Gesels saam, asseblief!