Die Boek

Ek skryf so baie oor boeke wat ek lees, en sit skakels oor al die boeke by Pinterest, tog skryf ek nie oor die Boek van Alle boeke nie!

Die boek wat die grootste verandering in die mensdom meegebring het en wat wêreldwyd die meeste ooit gelees is van alle boeke, is natuurlik Die Bybel. Tog is dit ‘n boek wat baie mens besit, maar nie daarin lees nie. Dis tog te jammer, want daar is soveel in wat vir elkeen só baie kan beteken. Dis ‘n ongelooflike boek om te lees! Dis ‘n boek vol ware verhale, en ware verhale was nog altyd interessanter as fiksie.

My bekommernis is dat daar soveel mense is wat Christene is, wat nie regtig meer Woordkennis het nie. ek het nie ‘n probleem met dagstukkies nie, maar ek is bekommerd as ons net “oor” die Bybel lees en nie meer die Bybel self lees nie.

My lewe het totaal verander sedert ek Die Bybel die eerste keer van voor tot agter deurgelees het. Die ding is, ons ken sekere gedeeltes wat ons oor en oor lees, en word baie maklik verwar deur mense wat goed voorbereid kom met dinge wat glo in die Bybel staan of nie staan nie. As ons nie die hele Bybel ken nie, twyfel ons dan in ons kennis en geloof.

Ek wil jou regtig aanraai, ongeag of jy in God glo of nie, koop vir jou hierdie Boek. Koop dit in die vertaling waarin jý gemaklik voel en begin hom te lees. Begin sommer by Matteus en lees tot by Openbaring, en dan begin jy by Genesis en lees dit sommer weer tot by Openbaring. As jy iets nie verstaan nie, is dit nie te erg nie, jy kan altyd vir iemand vra, of lees dit wéér, of, nadat jy klaar gelees het, kom jy weer terug na die moeilike deel. Lees dit soos ‘n storieboek. Sommer vir die lekker. Daar is pragtige stories in, veral in die Ou Testament. En weet jy wat, hierdie boek het ‘n manier: Elke keer wat jy hom weer lees, sien jy iets anders raak. Hy’s aktueel. Hy’s altyd geskik vir die omstandighede waarin jy nou is. Dis ‘n Lewende Boek!

Dalk hou jy van die meer outentieke vertaling? 

Of verkies jy een wat in ‘n bietjie gemakliker taal geskryf is? 

Dalk hou jy van ‘n selfs méér informele vertaling? 

Wat van een met ‘n meer maklike teks? 

Of een in lekker loslit taal? 

Daar’s ‘n Bybel vir elkeen! Al verskil die vertalings, selfs al verskil ‘n versie dalk hier en daar, kan die storie van die Bybel nooit verander word nie.

Kry vir jou een! Lees hom! Geniet hom!

Ek is mal oor myne. 🙂

Toorts

14 thoughts on “Die Boek

  1. Ek lees elke dag Bybel, tog…. gryp ek sommer my foon of soos nou is die venstertjie reeds regs bo wat sê “Daily Liturgical Readings.” Daar kry ek aldrie skriflesings tesame sonder om eers in die Ou testament, dan Psalms, dan bevestiging in die Nuwe Testament te moet naslaan.

    Like

  2. Die Bybel is die mees kreatiefste boek wat ooit geskryf is en sal dit bly tot in ewigheid.Die top verkoper van alle boeke tot in ewigheid.Alles wat jy moet weet vir hierdie lewe en die hiernamaals is in die Bybel geskryf.Weet jy regtig met wie jy te doen het,as jy hierdie Boek lees?

    Groetnis.

    Liked by 2 people

  3. Die Bybel lewe!!! Hy praat met jou…. en dan vertel Hy jou van begin tot einde wat gebeur het, en wat nog gaan gebeur. Daar is net nie nog so ‘n boek nie.

    Liked by 2 people

  4. Ek was reeds gister vertel dat Jacob Zuma betaal glo uit sy eie sak R500 000 om die bybel in Isizulu te laat vertaal. Wow!!! Hoe edel tog. Moet uit sy eie sak kom om so goedkoop te wees. Toe het ek onthou…. Ek weet dat ek in die ’80’s twee Zulu bybels vir twee Zulu susters gekoop het.

    Like

Gesels saam, asseblief!