Die Ware Jakob

Ons word deesdae so gebombardeer met nagemaakte goed dat ons amper nie meer die waarde van die egte produk besef nie. Ekself gebruik baie van die namaaksels wat ek hier noem:

Oorgeblaasde goud is nie goud nie. Nagemaakte pêrels is nie pêrels nie. Geen akriliese maaksel kan die egte ding vervang nie, nie egte sy nie, nie suiwer wol nie, nie bokhaar nie. My amper-soos-dons duvet is nie dons nie. Jammer vir die diere-fanatikuste, maar die nagemaakte pels aan my baadjie is nie pels nie.  Kunsleer is nie leer nie.  2% melk is nie Jersey-melk nie. ‘n Winkelhoender is nie ‘n plaashoender nie. Toppers is nie vleis nie. ‘n Pakkie sop is nie sop nie. Orley Whip is nie room nie.  ‘n Kubiese Sirkoon is nie ‘n diamant nie. Die groente wat ons in die winkels koop, is baie keer nie groente nie. Margarien is nie botter nie. Die botteltjies water is nie reënwater nie. Mans, ‘n slet in die straat is nie jou vrou nie. ‘n Elektroniese klavier is nie ‘n vleuel-klavier nie. ‘n Opname nie die ware stem nie. ‘n Plastiek blokfluit is nie ‘n hout blokfluit nie.  ‘n Dagstukkie is nie die Bybel nie. ‘n E-pos nie ‘n ware brief nie. Sun City se see is nie die see nie.

Positiwiteit?

Op dag 33 gaan ek konsentreer dat dit wie ek aan die wêreld voorstel, die ware ek is. Natuurlik steek ons soms hartseer of woede of iets weg, maar die kompliment wat ek gee, gaan eg wees.  Die glimlag gaan uit my hart kom.  Die belofte om vir jou te bid, gaan uitgevoer word. Opreg. Die ware Jakob.

Groetnis

Toortsie

Toortsie se Faceboekblad

So ‘n nagedagtenis: By Banting glo ons aan regte kos, nie namaaksels in pakkies en boksies nie. Kyk gerus by Toortsie se Bantingboerekos faceboekblad.

 

8 thoughts on “Die Ware Jakob

  1. Gister daaroor gepreek- uit Richard Chartres se Royal Wedding uit- Romeine 12:9- Liefde moet opreg wees.

    Egtheid is so verskriklik, ontsettend, enorm, wesentlik fundamenteel baie belangrik in hierdie lewe. Die rekenaarterm wysiwyg beskryf dit so mooi.

    Like

    1. Dit gaan daaroor dat jy getrou aan jou persoonlikheid moet wees. Natuurlik is ek meer laf by my pelle, meer deernisvol by ‘n siek persoon, ordentlik by die bankbestuurder. Maar steeds is ek EK. Ek is nie een persoon by my pelle en ‘n ander een by die kerk nie. Want dan raak ek deurmekaar. Wie moet ek nou weer wees? Deur sommer net ek te wees, al is ek dan nou kommin in ander se oë, is ek gelukkig en kan ek die beste wees vir ander.

      Like

  2. toortsie, jy moes geweet het dit kom:
    gou terug by produkte, soms is vals beter – noudie dag wonder ek saam ‘n kennis oor die egtheid van die pelsjas wat iemand . hy meen toe, met effense afguns, die jas is seker vals want sy kom uit oos-europa (baie algemene vooroordelings in wes-europa teenoor hulle). ek sou maar te bly gewees het as dit vals was – diere word meestal lewendig geslag vir hulle pels en lewe in die haaglikste omstandighede. viva vals pels en vals leer!
    my worsies is ook vals, gemaak van quorn en soja. in my vorige lewe het ek half gedink die dons in duvets is sommer net afvalvere, maar dis nie waar nie. die arme ganse word gepluk, en dit maak seer!
    kan aangaan en aangaan.

    anyway, stem saam. baie vermoeiend om voor te hou dit wat jy nie is nie.

    Like

Gesels saam, asseblief!