Ja! Het jy dit dalk al oorweeg om ‘n blog te begin? Probeer! Dis SO lekker!
Maar weet jy nie hoe nie? Dis maklik! Kliek net HIER en alles is stap vir stap vir jou uiteengesit.
En as jy nog steeds vasdraai, VRA!! Jy kan hier by my vra of op jou eie blog of net waar jy wil. Ek is SEKER iemand sal help!
Komaan! Probeer sommer vandag nog!!
As jy klaar jou blog begin het en sommer wil lees wat ons onder mekaar gesels oor die “kuns” van blogging, kliek gerus hier. Hier is al ‘n hele paar skryfsels oor hierdie onderwerp.
Dagsê Toortsie. Ek is spiksplinternuut. Hoe sit ek ‘n prentjie bo – aan my blog se voorblad mm ?
Gits Jagter, amper het ek nie jou vraag gesien nie. Ek sal gaan kyk dan sal ek hier skryf hoe.
Jagter! Gaan na Instrumentepaneel, kies Appearance. Dan Header. Kliek op “browse” en kies op jou rekenaar of waar jy dit ook al wil kies, die foto wat jy bo-aan wil sit. Jy kan selfs die kleur van jou opskrif daar verander en kies of jy woorde ook wil hê of nie. En SAVE CHANGES.! Hoop jy kom reg en dat dit die regte raad is!
Groete
MMM, ek het nie die funksie “header” daar nie ? Net “background”, en dis nie dit nie ?
Nee. Die bacground is, of so het ek dit, asjy in die agtergrond iets wil hê. Ek het op ‘n stadium ‘n fakkel en later ‘n lughuis as background gebruik. Kan dit dalk wees dat die “theme” wat jy gebruik, nie ‘n header toelaat nie? Xena!!! help asb!! (kom ons kyk wat gebeur!)
Jy moet n ontwerp met n custom header kies om jou eie prentjie te kan laai. te kan laai.
O o o OK ! Custom header … Ekke sal jou kry !
hey Tootsie, het n blog op blogger oopgemaak en wil dit nou delete, hoe doen ek dit? Help asb!
nee jong! ek weet niks van blogger af nie!
of verstaan ek verkeerd. Wil jy ‘n wordpress blog delete??
dankie vir die links, ek leer nou fluks!