Waag dit om lief te hê

Hierdie is ‘n uitdaging aan al my getroude vriende wat hier lees. Na aanleiding van die fliek, “Fireproof” is die boek, “Waag dit om lief te hê”, of sy engelse weergawe, “The Love Dare” uitgegee. Die fliek handel oor ‘n man en vrou wie se huwelik onherstelbaar vernietig was en hulle was besig om te skei. Die man se pa gee hom egter ‘n boekie in die hand en vra hom om elke dag, vir 40 dae, die opdragte in die boekie uit te voer. Elke dag is daar ‘n ander uitvoerbare opdrag. Die man doen dit, al was dit aanvanklik teen sy sin. Sy vrou is glad nie bewus van die uitdaging nie en raak intussen by ‘n ander verhouding betrokke. Die man, ‘n brandweerman, leer dat, al brand die huis, jy NOOIT jou maat los nie.

Ek daag jou uit om hierdie boek te koop. EN om die uitdaging te aanvaar. Waag dit om vir 40 dae elke dag die taak te doen. En as dit enigsins moontlik is, doen dit SAAM MET jou huweliksmaat. Die huwelik is ‘n instelling van God, en ek kan jou belowe, dat as jy hierdie uitdaging voluit gaan aanvaar, jy resultate gaan sien. Komaan! Dis die moeite werd.

En as jy die 40 dae uitdaging voltooi het, is daar ook ‘n 365 dae dagstukkie boek. Maar doen eers die 40 dae uitdaging!

En, die belangrikste van als – vertel vir my as jy die uitdaging aanvaar! Dan kan ek vir jou bid. En ons ander wat hier lees, kan help bid. Kom ons maak ons huwelike WEN-HUWELIKE!  Ek hoor graag van jou! En NOG belangriker! Kom vertel ons as jy die uitdaging voltooi het…. ek sal graag wil hoor!!!

    

En hier het ek nog ‘n uitdaging vir jou!!! Gaan kyk bietjie op die “Revive our hearts” Webblad vir fantastiese 30 dae uitdagings. Dis absoluut lewensverreikend!!

Ek het nog heelwat geskryf oor die huwelik en so tussen die skrywes deur het ek heelwat “troutips” gegee. As jy meer wil sien, kyk bietjie hier.

37 Responses to Waag dit om lief te hê

  1. Pingback: Wat beteken dit as iemand sê: Ek werk aan my huwelik? | Toortsie se Blog

  2. Blou oog nooientjie says:

    Ek is al 37 dae besig met dit.My man is nie deel van hierdie “Waag om dit lief te he”nie,bid asseblief vir my dat my man my sal raaksien.

  3. jagternw1976 says:

    Ek het so boksie met kaartjies gekoop, Waag dit om lief te hê (40 kaartjies).
    Ons (dis nou ek en my bokkie) beplan om hier teen Desember te trou (In die Weskus !). Sou ek nou al die kaartjies begin gebruik of eers later as dinge dalk bietjie rof gaan ?
    EN jou gebed sal beslis waardeer word !!! :)

    • toortsie says:

      Gebruik dit nou al!! Oor en oor en oor!!! Hoekom eers wag tot dit rog gaan? En ja, ek sal vir jou bid. As jy die kaartjies deurgewerk het, kry sommer die dagstukkieboek. Daar is soveel klein dingetjies in opgesluit wat wonderlik is vir enige verhouding. Sterkte vir die troue!! :) Sjoe! Dis opwindend!

  4. jagternw1976 says:

    Dankie Toortsie. Sal dan nou al die 40 uitdagings begin aanvat. :)

  5. Annalie says:

    Hi daar Ek en manlief het so 3 jaar terug die dvd gekyk Skoonsus wou graag die dvd he en ek koop toe die boks deal dvd en boek maar gee haar net die dvd die boek beland toe in die kas tot so maand terug toe ek my humeur met manlief verloor en die gevoel probeer afwerk met n goeie spring clean n klomp klein goedjies het my toorn laat ontlont maar ek baklei toe sommer oor als maar veral die ding met n geskeide vriendin wat tydig en ontydig krissise het wat net hy kamn oplos en natuurlik is ek kleinlik en jaloers en ek besef nie hoe bevoorreg ek is nie en en en Laas Vrydag se my man van 22 jaar hy soek sy vryheid Dis asof hy my met die fuis in die krop van my maag geslaan het my hele lewe is aan vlarde en ek wil opkrul in n fetale posie en nooit weer opstaan nie maar ek kan nie ek het twee jong volwasse kinders wat teen hul pa se midlife krises nonsens beskerm moet word so ek hou ,my kool probeer in die privaatheid vanm sy werkswinkel hoor wat sy probleem is en hy se dis tyd dat ek gaan werk my eie geld verdien op my eie voete staan so iets dis moelik om mooi te hoor met die dat sy woorde in my kop weergalm Die res van die aand was n blur dit vat elke ons selfbeheersing om my seer weg te pak op n plek waar die kinders nie sien nie Manlief nooi my bad toe soos gewoonlik en soos gewoonlik klim ons saan in die dubbel bed Toe die sluise breek en ek nerens heen kan vlug nie is dit hy wat my teen sy bors vas trek en soos n baba sus tot ek nie meer trane het nie Nou vra ek jou is dit regtig n ,man wat ten alle koste uit die huwelik wil uit Wel Saterdag en Sondag worstel ek met m,y deurmekaar gedagtes en die seer en die hoop dat ek hom verkeerd gehoor het Maandag sit ek my gedates in n facebook boodskap uiteen Ek se hom eks jammer maar wat hy vra kan ek hom nie gee nie Ek se toe hy gaan aleen in die lewe opeindig soos sy pa en al is ek hoe seer gemaak wil ek nie dit vir hom, he nie Hy atwoord eers hy het nie ,my toestemming nodig nie doen net die desend ding en iets van net op papier en dat niks tussen ons verander nie Kry later nm ander boodskap dat hy weer gedink het dat ek reg is die prys is te hoog bly by m,y en kinders maar ek moet ,my mond van sy vriendinne af hou Om n lang storie kort te maak Gaan haal ek die boek en begin die uitdaging vandag is dag ses
    Vrydag se ek toe ek sopek n slkimfoon my dom een vat nie watsap nie en sy vriendinne gesels ure so ,met hom ek wil ook Hy se dit gaan niks verander nie hy wil skei maar ek se mens stop nie net om iemand lief te he nie en ek sal baklei tot die bitter einde Dis toe hy se liefde het niks met dit te doen nie maar hy kan nie ,meer aan my getrou wees nie Ek vertel nou nou verder

    • Toortsie says:

      Liewe Annalie, jy het nou nog nie jou verhaal klaar vertel nie. Dit voel of ek intjip.
      Ek wil solank vir jou vra… as jy vir hom baie mooi gaan vra om julle huwelik nog ‘n kans te gee, ongeag al die krisisse tussen julle, dink jy hy sal? As jy hom smeek om nog ‘n keer te probeer?
      En wat is die kans dat hy die boek saam met jou doen? Al kan hy net een maal ‘n dag dit saam met jou lees? Dink jy hy sal dit doen? Maar as hy dit saam met jou lees is dit uiters belangrik dat jy jou stem neutraal hou en nie die gedeeltes wat vir hom geskryf is, uitlig nie. Jy moet ook luister na die gedeeltes wat vir jou geskryf is. Maar die moeilikste van als is dat, sou hy nie die opdragte uitvoer nie, jy jou deel sal doen… ongeag. Dink jy daar is ‘n kans?
      En dan, ongeag of hy dit saam doen of nie, byt asseblief vas. Jy is al by dag 6. Dis WONDERLIK!! Byt asseblief vas. Moenie moed verloor nie. En kom vertel hier as jy wil sodat ons vir jou kan bid en kan ondersteun. Onthou, ek het daardie boek saam met my man gedoen toe my huis aan die brand was!!
      Baie baie sterkte. Ek sal regtig vir jou bid.
      O ja, gaan lees asb hier as jy wil: http://toortsie.wordpress.com/2010/10/05/was-jy-al-ooit-moedeloos/

    • Kameel says:

      As ek my eier kan lê. Eerstens wil ek vir jou sê ek hoor net die woord “midlife crises,” en my maag draai letterlik. Doen jouself ‘n groot guns vrou. Lees die boek “Men in midlife crises,” (seegogga beveel dit ook aan.) Ongelukkig het ek die skrywer se naam vergeet. Dit behoort by CUM beskikbaar te wees. Dit is geskryf deur ‘n predikant wat oor sy eie ondervindinge praat. As jy die boek lees sal jy begin “VERSTAAN,” waardeur jou man gaan. Jy sal die stappe waardeur hy in die krises gaan sien, en hoe hy vorder. Hy sê die Midlife is soos ‘n deur wat voor jou oopgaan… en jy is in die drukgang… stap vir stap moet jy daardeur… totdat die deur aan die anderkant weer oopgaan, en jy daardeur is. Net soos met tieners, gaan party mans ligter en meer egalig daardeur as ander… en PARTY :shock: Sy vrou het ‘n boek geskryf hoe om jou man se krises te hanteer. Sy praat openlik en sê presies wat jy kan verwag, en hoe om in die situasie op te tree. Sterkte vir jou op die pad vorentoe Annalie.

      • Annalie says:

        Dankie voor ek aangaan met my treurmares wil ek net se julle weet nie wat se groot geskenk julle van die liewe vader vir my op die oomblik is nie. Laasweek Maandag toe die kinders veilig aan die slaap was het ek met my dom foontjie die internet ingevaar in die privaatheid van my werk kamer .Ek was opsoek na bemoediging en al wat ek kon kry was join die klub jou man het n midlife krises ,daar is niks aan te doen nie .Bou n bruggie en kom oor jouself doen wat hy vra los hom word maer kry n beter werk kry n ryker man wys hom jy is beter sonder hom as met hom.Dit terwyl alles in my skree ek wil nie.Amper soos n stout tweejaaroud gooi ek n innerlike tantrum ek soek nie n beter ryker man nie ek wil my man he Ek kan eerlik nie meer se hoe ek op julle afgekom het nie maar uiteindelik het ek mense gekry wat my aanmoedig om te baklei vir wat ek weet reg is nie net vir myself nie maar in die oe van God en vir my kinders en al voel hy vir nog baie lank nie so nie my dierbare lewensmaat

  6. seegogga says:

    Ek wil ook se dat daar ‘n boek is”my man se middejare krisies “( of so- iets) dis geskryf duer ‘n Amerikaanse dominee en sy vrou. Dis ‘n uitstekende boek om te lees. Daar waarsku hulle ook teen drastiese stappe soos skei. Diwels waai die middeljareverwarring oor , maar dan is die skade( skei of hertrou) reeds gedoen, en is almal baie spyt, maar kan niks aan die saak doen nie. Wees dus stadig met drastiese onherroeplike stappe, al dink jou man nou hy wil uit.

  7. Annalie says:

    Jong ek is te bang om te vra Nee hy gaan nie my kop afbyt nie Ek dink hy probeer regtig om my so sag moontlik van hom los te knoop en in die enkele sinne wat hy gese het kon ek my eie seer hoor weerklink Ek wil nie te hard drukl nie want wat ek besig was om te vertel is dat toe ek hom se ek verstaan dat hy iets in sy lewe moet verander en ek voel ek is die maklikste was sy woorde Ek wens jy wil dit in jou kop kry dat dit glad nioe ,maklik is nie maar dit kan nie anders nie
    Dit se mos nie gaan weg ek het jou nie lief nie
    Ons deel nog n huis en bed en eks nie een wat graag slaapkamer dinge praat nie maar hy weier my ook nie my plesiertjies nie Hy het dit selfs Saterdag begin Hoe kon jou mond en jou lyf so twee vereskillende dinge se
    Terug by die uitdaging ek is bang as hy besef dat hoe harder hy los knoop ek daai knope weer stewig vas knoop hy dalk tot die uiterste sal gaan en n bed sal deel met wie ook al bereid is Ek het nog altyd gese ek sal dit nooit kan vergewe nie maar elk dink nou selfs dit kan oorkom word met God se hulp ek verkies om dit te probeer verhoed so nou is dit ek alleen met God se hulp

    • Toortsie says:

      Dis als reg. Die indruk wat ek kry is dat jy beslis nog nie klaar is met jou huwelik nie. Jy is bereid om daardie boekie met die 40 uitdagings te doen. Ek weet dis nie maklik nie. En die ding is dat ons so gou resultate verwag, wat jy nie noodwendig dadelik gaan kry nie. Maar doen wat daardie boek sê. Byt vas. Probeer om jou mond te hou, want dis mos die heel eerste uitdaging. En jy is meer as welkom om hier by ons te kom vertel. Ons is ‘n klomp bymekaar wat in God glo. en Glo dat God die skepper van die huwelik is. En dat die huwelik vir hom belangrik is. Ons sal jou hand probeer vashou sover ons kan. My mag maar op ons steun! En dankie Kameel en Seegogga vir julle insette. Moet asb nie ophou nie!

  8. Annalie says:

    Dis alweer ek Die keer wil ek oor ietsie anders praat Jammer ek vat jou blog oor maar miskien een donker nag stuur God nog n drenkeling na jou en dan kan sy sien sy is nie so alleen nie Om terug te kom na die punt My hart breek vir n ou skool vriendin Sy moes haar lewensmaat die 2de Mei op haar verjaarsdag begrawe Ek kan nog baklei al weet ek nie regtig waarteen nie sy kan nie sy moet alleen verder

    • Toortsie says:

      Moenie “teen iets” baklei” nie. Baklei VIR iets. As dit werk in die slaapkamer, GEBRUIK dit! Dink aan als wat julle altyd gedoen en geniet het. Wat is sy gunsteling kos? Tydverdryf? Gaan sit sommer by hom by die TV, en byt vas! Dalk jak hy jou nie af nie. Wys hom jy het hom lief, net soos hy is. Red nou eers jou huwelik, die ander issues kan later een vir een hanteer word.

    • Toortsie says:

      Ja, kan jy dink hoe swaar dit vir haar moet wees?

  9. Annalie says:

    Dankie jy sal seker nog moeg word vir my Ek moet nou eers regmaak vir orkes dis snaaks hoe jou lewe aangaan en stilstaan als op een slag

  10. Annalie says:

    Jy vra nou so van die orkes en ek dink wat vetel ek die lang storie of die kort een.
    Die kort storie is maklik ek speel alt blokfluit in ons kerk orkes.
    Die lang storie is verweef met die gemors wat my lewe nou is.
    Hierdie storie begin by n dogtertjie wat bang is vir als.Van die donker tot om soos haar niggies op n swaai te ry ek bedoel net mooi als.Pa was n onderwyser en ma het in die bank gewerk.Ek onthou dat ek nader aan Pa gevoel het .Ma het altyd moeg en geirreteerd by die hius gekom ek het nooit regtig n band met haar gevoel nie. Ouma het by ons gebly en sy was my ma .Ons het als saam gedoen tot sy een nag in haar slaap gesterf het
    Daardie dogtetjie het altyd geweet haar kinders sou weet hulle mamma is lief vir hulle. Verstaan my mooi ek weet my ma het my lief maar ons het nooit gebond nie toe ouma my oorgevat het het sy my laat gaan.
    Ek het n onderwyseres geword en besef dat as jy vir n baas werk kom alles tweede. Ek was pas getroud maar daar was van my verwag om verspotte ladies nights by te woon omdat die grootste deel van die personeel ongetroud was.
    As onderwyseres was ek n reuse flop
    Toe kom my pragtige seun die volgende jaar in ons lewe en ek word n huis bly mamma.
    Ons het nooit veel gehad nie maar manlief het my altyd ondersteun en ek wil graag glo ek vir hom hy was my held hoe dan anders hy het my lewe gered(miskien vertel ek nog daai storie) Hy is nogsteeds dit hoe kan hy dit nie sien nie.
    Twee en n half jaar later word pa se hart se punt gebore Pa se blonde dogter boetie se ewebeeld sy anderkant van die muntstuk en met God se genade maak ek ons kinders groot sonder dat die een ooit meer geliefd voel as die ander
    Toe kom die offesiersvorming en ons ver ander in ek en die kinders en manlief.Hy wou nooit n offesier geword het nie altyd gese hulle het stout kinders en stukkende meubels
    Dis soos ek se die tyd wat ek en die kinders alles saam gedoen het en hy as gevolg van werk en sosiale funksies waar die offesiere se lewensmaats nie welkom was nie menig aande eers by die hius gekom het na die kinders al geslaap het en weg was voor hulle wakker geword het
    In die tyd het ek teen sy sin by n kleuterskool gaan werk ek kom die kinders nog naby he en bietjie ekstra geld verdien Vir Boeta was dit ok hy het maats gemaak maar susiie was by die klein kindertjies en alhoewel sy klas aktiwiteite geniet het was sy nie gek oor speeltyd nie
    Ses maande later word die kleuterskool verkoop en meeste van ons in die pad gesteek Manlief sit toe ook sy voet dwars ek hoort by die kinders
    Hulle is toe so een vir een groot skool toe waar hulle die wereld net soveel selfvertroue stormgeloop het Pa was besig kon nooit veel van die buitemuurse aktiwiteite bywoon nie ek en die kinders altyd nader aan mekaar en hy altyd verder en verder weg
    N paar maande voor ons hom major dad kon noem doen hy aansoek vir werk in siwwie straat en kry dit
    Ons trek uit die staatskwartiere in n hius met n tuin en swembad en troeteldiere en als wat n kinderhart begeer Die gemeente in ons nuwe dorp is baie op musiek ingestel en sommer gou laai pa ons af sodat die kinders kan leer blokfliut speel terwyl hy muurdal toe gaan
    Ek is musikaal gestrem sukkel met die lees en ek het geen handoog koordinasie om van te praat nie ek help maar so om die note in die wat agter raak se koppe te dril punt is dis weer die driemandskap met die enkeling wat maar net nie plek kry om in te pas nie

  11. Toortsie says:

    Dis maar menige gesinne se verhaal. Pa wat “werk” om geld te verdien, en mamma en die kinders… Dis ook maar my verhaal. Op ‘n punt het ek agtergekom dat pappa uitgesluit voel, en ek het begin dink HOE kan ons hom betrek. Ek het al die besluite rondom die kinders gedoen. Maar stukkie vir stukkie het ons hom begin intrek, sonder dat hy dit dalk besef het. As die kinders vir my iets gevra het, sou ek sê: Gaan hoor gou wat pappa daarvan dink. As die kinders iets aangehad het en daar dalk ‘n skrale moontlikheid was dat hy kan saamgaan, het ek hom saamgenooi. Baie keer kon hy nie saamgaan nie, maar al hoe meer het hy dit begin saamdoen. Nogsteeds doen ek maar die meeste met die kinders, ek is mos los, maar dit het baie gehelp om hom net effent te begin betrek. Ons mag net nie bitter wees as jy nie kan saam nie, Ons aanvaar dit dat hy mos sy werk het. Maar die kere wat hy saam is, geniet ons dit verskriklik. En beklemtoon dit!! As jy regtig gaan dink, is daar nie ‘n manier wat jy hom kan betrek, sonder dat dit hom te veel sal ontwrig nie? Dat hy voel hy is deel van die gesin?

  12. Annalie says:

    Die hius gee my en manlief dinge om saam te doen en omdat daar nie meer soveel funksies is waar ek nie welkom is nie en omdat my ouers naby genoeg is om soms na die kinders te kyk beweeg ons tog weer nader aan mekaar
    Hy skryf in vir die eerste Red Bull box Cart rase en kom in ons bou n replika van n bearcat en ons is n team
    Daar was ook die tweede en toe die derde wedren maar ek en die kinders doen nog alles saam
    Hy gaan op n trip Cambrige toe en koop vir meisiekind n tenoor blokfluit Boeta speel lankal alt maar hy loop toe n treble recorder raak wat hy hiustoe bring
    n Ander dame neem die musiekgroep oor en die orkesleier begin vra die kinders moet orkes toe kom Ek begin halfhartig Alt leer en toe kom die 50 blokfluite uitdaging Iemand stop manlief n blokfluit in die hand en nou leer hy saam ons dis nogal pret net hy is n perveksionis en ek sukkel nog met die lees en die vingers speel partykeer totaal verkeerd
    Ons word toe ook almal deel van die orkes Boeta tree sy blokfluit af en se vir die orkes leier hy kom net as hy sy kitaar kan speel Manlief en die kinders tokkel elkeen op n kitaar en ek hou my sover moontlikuit die ding maar die kinders is musikaal gebore en ons nie so iewers langs die pad het die musiek vir manlief in n frustrasie verander die nuwe orkes leier wil ingewikkelde goete speel en ons sukkel maar plaas van net oor die moeilike dele skip en weer op makliker plekke inval word die frustrasie erger en degin hy my beskuldig dat ek heeltyd verkeerd speel tot op die punt waar ek daardie vwerskriklike oggend sommer oor alles baklei het en hy nou sy vryheid wil he
    Op die oomblik is die orkes dus vir my so bietjie van n bittersoet affere want ek mis hom op sy plek langs my
    Wat ek nie mooi verstaan nie is dat vasndat boeta kan babysit het ek en manlief meer alleen begin uitgaan ek het regtig gedink ons verhouding is soveel sterker daarom het ek nie elkekeer saam gepiekel as die vriendin weer sy hulp nodig gehad het nie ek weet dis vir haar wat hy dink hy wil he
    Ek dink ook sy het om en by dieselfde tyd as ek hom laat verstaan hy is net welkom as hy my los Synooi hom nie meer gedurig oor nie maar ek dink hulle praat nog op whatsap sy speel n0ou hard to get want sy stel nie belang om net die hou vrou te wees nie maar sy het sekergemaak in vier maande dat sy hom hoek line and sinker het sy dink dis nou net van inkatrol maar ek weet daai lyn kan breek ook so ek sal bid dat daar vir haar n ander meer geskikte persoon oor haar pad kom want my man gaan sy nie kry nie
    Ons kan oor begin en hier waar my kinders op die drumpels van hul eie lewens staan kan ek eerlik se alhoewerl ons seker altyd na aanmekaar sal wees is ons besig om los van mekaar te funksioneer Ek wens net manlief kon dieselfde verhouding met hulle he

    • Toortsie says:

      Die liefde vir musiek trek my nou erg. Hoe leer julle die drukke? Wys iemand sommer terloops, of het julle ‘n oulike boek? As jy nie het nie, kan jy gerus by ‘n oulike musiekwinkel gaan aanklop. Musiekland of Musiekwereld. Of kyk by kalahari. En oefen oefen oefen, want dit lyk my of musiek regtig ‘n samebindende faktor in julle gesin is, en jou man daarvan hou.
      Doen jy nog die “waag dit” uitdagings? Doen jy elke dag jou huiswerk? Jou man was nog altyd joune. En hy is nog steeds. En JY het eienaarskap gevat vir jou huwelik. Wen jou man met liefde. Op die manier wat NET JY weet hoe. Na 20 jaar weet jy mos wat hom laat tiek. En dalk is dit tyd om hom nog beter te leer ken? Versorg jouself na die beste van jou vermoë, maak jouself mooi, skep ‘n wonderlike atmosfeer vir as hy saans huis toe kom. As jy hom by die deur hoor inkom, staan op, gaan hom tegemoet, soengroet en gee ‘n drukkie. Wees LIEF vir hom, al is dit dalk moeilik. Konsentreer op hom, nie op die ander vrou nie.
      Mag ek jou iets vra? Hoe is die verhouding tussen jou en God op die oomblik? Hoe voel jy oor Hom? Hoe beleef jy Hom? Waar sien jy Hom op hierdie stadium in jou huwelik?

  13. Annalie says:

    Die musiek ding Mens kry oulike goed op die internet ook Ek het vormele klavier onderrig gehad vir so twee jaar maar soos ek se ek sukkel met die lees
    Ons orkes leier skryf haar graad 5 teorie Saterdag
    Boeta en Pa leer maar so uit boeke en dan leer Boeta ons waar om die note te kry
    Oor God ek glo dat Hy in beheer van ons lewe wil wees maar dat ons eie wil inmeng met SY plan met ons en dan dra ons gewoonlik die gevolge Ek glo dat Hy ons hierdeur gaan dra want Hy wil he ons moet heel en saam hierdeur kom anders sou Hy my nooit die krag gegee het om uiterlik so kalm te wees terwyl hierdie storm in my alles binne my uitmekaar ruk
    El het manlief gevra of hy saam my na n huweliks berader sal gaan
    Hy se hy sal maar dit gaan niks help nie Hy se ek laat myself oop vir meer seer hoe harder ek baklei
    Hy se ek probeer iets bou waar die helfte van weg is en dit gaan net op my ineenstort
    Hy se hy soek sy vryheid want jy wil oor begin
    Toe ek hom vra met wie se hy niemand
    Ek se toe vir hom al kry ek nou n werk gaan ek nie oornag vir myself kan sorg nie waarop hy antwoord dat hy net sy vryheid soek ons gaan presies aan soos altyd
    Ek is nou oppad na n onderhoud by n kleuterskool vir n halfdag pos Gesels later verder

  14. Toortsie says:

    Dankie tog hy is bereid om na ‘n huweliksberader te gaan! Sjoe! So baie mans weier en hy is bereid! Dis al ‘n begin.
    Is daar dinge in jou huwelik wat oor jare begin skeefloop het, wat jy sal kan regstel? Verkeerde dinge wat saggies ingesluip het en gebly het? Iets wat met iets nuuts vervang kan word? Iets wat jy anders kan doen, sê, optree?
    Hoe kan jy hom oorlaai met liefde? Sy gunsteling kos? Deur vir hom te sê jy’s lief vir hom? Is hy ‘n geskenke persoon wat floreer op klein geskenkies, soos ‘n sjokolade, ‘n mooi kaartjie, ‘n briefie in sy kosblik? Is hy ‘n “aanraak”-persoon wat hou van drukkies, streel, toevallig aan hom raak? Is hy iemand wat hou daarvan dat jy tyd met hom spandeer? dalk saam met hom sy gunsteling TV-show kyk? Of nooi hom vir koffie of ‘n ete alleen in ‘n spesiale plek? Hou hy van opbouende woorde? Iets soos: Sjoe, jy lyk mooi in daardie hemp? Jy is vir my mooi. Ek is lief vir jou?

  15. Annalie says:

    Ek weet nie meer nie ek wil vir jou nou woord vir woord n watsap boodskap skryf wat ons vanoggend gehad het
    Ek: Hi daar geniet jou dag.Ekwil net se geen stukkie papier gaan verander hoe ek voel of optree nie.Ek het jou lief soos my eie lewe self en dit sal nie verander nie.Dankie vir gisteraand en van oggend se vashou.
    Hy: Plesier Annalie.Was baie lekker.Jy kon sekerlik voel.En ja die stukkie papier se nie omns moet nou haat en verwyt nie.Net op papier is ek vry.Jy bly waar jy is die kinders bly my kinders en sal sorg vir julle soos die laaste 22 jaar Sien later Ta
    Ek: Hoekom dan die stukkie papier
    Hy: Sou ek wou oor begin
    Ek: Ek verstaan nie
    Hy: Skies maar dit is wat nou by my n behoefte is Ek gaan nou biki moet werk Sal jou msgs so deur die dag lees en antwoord
    Ek: Ok geniet die werk lief jou
    Hy: Mwah
    Tot die begin vanm die jaar was ek altyd reg by die deur as hy by die huis kom Ek weet sy werk is stresvol en om als te kroon het hulle elke 18 maande afleggings vir die afgelope 10jaar so ek probeer om hom nie nog op te saal ,met alledaagse huishoudelike probleme nie Miskien was dit n fout ek weet nie Miskien omdat ek hom 100 persent vertrou het en hom te veel vryheid gegee het Daar is ten minste 3 vriendinne waarmee hy oor whatsap of bbm gesels Die een werk saa,m hom ek meen ek kan tog nie verhoed dat hy by die werk ,met haar praat nie hoe ,maak dit sin dat ek die foon geselsies stop miskien moes ek Die tweede ken ek glad nie ek weet sy is getroud haar man werk in n ,myn en sy skryf kinder boeke Die derde een is die geskeide sales rep met wie hy besigheid gedoen het Omdat hulle kantore nie besoeker vriendelik is nie het hy begin om hulle besigheid te beklink by die wimpie daar naby maar hy het my altyd vertel en ek was regtir ok Dis eers vandat sy n paar blokke van ons af kom bly het dat sy regtiog lastig geraak het Ek lkom deesdae na hom by die huis Hy wil nie he ek moet aan hom vat nie Hy wil nie he ek moet hom vertel hoe lief ek hom het nie Hy aanvaar my klein geskenkies en weier my nie plesier in die slaapkamer nie behalwe gisteraand ,maar hy is rerig moeg maar hy het my vasgehou tot baie laat in die nag en vroeg vanoggend het hy my weer styf teen hom vas getrek Na ete was daar n oomblik wat hy weer baie teer teenoor my was maar hy en sy foon is in sy werks winklel en toe ek gisteraand daar rond gehang het het hy my daarvan beskuldig dat hy voel ek pas hom op ek sien nie vanaand daarvoor kans nie so ek bly weg daar my energie is getap ek kan net nie op die oomblik nog n dwarsklap vat sonder om te snap nie Dankie vir die gesels Jammer dat ek jou opsaal ,met my probleme ,maar jy is die engel wat ons Vader vir my gestuur het

    • Toortsie says:

      Jy mag maar gesels. Dis goed vir jou. Dit help jou ook om perspektief te kry oor die dinge. Al het ek nie regtig antwoorde nie. Net God het die antwoord. Weet Hy is saam met jou in dié ding.

  16. Toortsie says:

    Ek glo aan ‘n God van wonderwerke. Een wat by magte is om baie meer te doen as wat ons selfs kan dink of doen. Wat planne in Sy kop het waarvan ons nie eers in ons wildste drome gehoor het nie.
    Maar God is ook ‘n Gentleman, wat vir mense keuses gegee het. En dis waar ons baie keer seerkry. Soms deur ons eie keuses, maar ook soms as gevolg van ander se keuses. Hy dring Homself nooit aan ons op nie.
    Al antwoord Hy nie altyd soos ons wil hê nie, al gee Hy dalk nie altyd vir ons wat ons graag wil hê nie, laat Hy ons nooit alleen nie. Wat die uitkoms van julle storie gaan wees weet nie een van ons nou nie. Daar kan ‘n wonderwerk gebeur, dalk nie. Maar wat ek wel weet is dat Hy jou nooit alleen los nie, dat wat ook al gebeur, jy aan Hom kan vashou. En sou die slegte dalk gebeur, is Hy die een wat jou daardeur gaan dra.
    Maar steeds gaan ons nie nou op die slegte fokus nie, maar glo dat die wonder gaan gebeur en dinge gaan regkom. En ons bly hoop, ons bly bid dat dit regtig goed sal gaan vir almal van julle.
    Met watter dag is jy al besig met Waag Dit, of het jy opgehou?
    Soms is dit ook goed om niks te doen nie, net liefdevol te wees, nie te kerm en kla en karring nie, maar om net goed en liefdevol te wees. En te wag by Jesus se voete. Plaas jou volle vertroue op Hom.

    • Annalie says:

      Dankie vir julle geduld en raad Ek het sopas van die wellness mense gehoor ek behoort binne die volgende 24 uur van die berader te hoor Ek voel beter dis asof my kop darm weer soortvan reg werk Ek is op dag 14 maar manlief is die week uitstedig en dis regtig vir werk

      • Toortsie says:

        Als reg. Ek is ook bly jy voel al beter.

      • Toortsie says:

        Baie baie sterkte vir julle berading… Ek vertrou dit sal goed afloop.

      • Toortsie says:

        Ek is nou besig met die voorbereiding vir vanaand se bybelstudie. Ons is besig met “Die Aartsvaders” deur Beth Moore.
        Vanaand se stuk gaan oor Sara wat swanger geword het, haar swangerskap, die onmoontlikheid daarvan. Die wonder daarvan. Ook die feit dat daar weer “lewe” geblaas was tussen Abraham en Sara.
        Dan skryf sy oor huwelike wat hulle vuur verloor het. “Skep moed, geliefede. As Isak se geboorte enigsins iets vir ons wil sê, sê dit beslis vir ons dat niks vir die Here te buitengewoon of te moeilik is nie. Tussen duisend ander dinge kan God steeds in huwelike wonderwerke verrig, al is die tyd daarvoor al lankal verby.” Ons moet ophou vaskyk teen die realiteite en begin fokus op die God wat wonderwerke KAN en WIL doen. Dis dalk nie altyd ‘n maklike pad nie, maar dis BESLIS MOONTLIK.

  17. Annalie says:

    Hi daar Die week was die internet ekstra vol nonsens by die huis en dis asof die goue trein al hoe viniger ry so my internet tyd is maar min Maandag is ons afspraak met die berader Manlief is nog weg vir werk en tot Dinsdag het ek elke dag van die uitdaging vir hom n dankie boodskap gestuur Dinsdag was die laaste Ek het vir hom gese dankie dat hy so dierbaar is vir my Gewoonlik ignoreer hy my maar Dinsdag was sy antwoord Nie ek nie jy gaan my nog haat Ek se nog elke dag my dankie maar nie meer waar hy dit sien of hoor nie ek dink ek maak dinge erger vir hom Wel ek het my trots in my sak gesteek en n vriendin in my vertroue geneem Dit help om te praat en hulle het ook al n berader gaan sien so sy het n idee van waar ek is O ja dis vandag dag 17

Gesels saam, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s