Ouerskap, Ouerleiding, Opheffing

Ek is sekerlik nie ‘n kenner op hierdie gebied nie. Maar ek is eerstens ‘n ma wat 3 kinders grootgemaak het. Ek is ook ‘n ma wat baie foute gemaak het en nog steeds maak. Ek is egter ook ‘n onderwyser, dus ‘n gekwalifiseerde opvoeder. En opvoeding is volgens my ‘n uiters belangrike element in enige persoon se lewe. Ek lees ook graag boeke oor menslike gedrag, motivering, leierskap, en nog baie ander onderwerpe.

Een van die dinge waarvoor die meeste van ons die minste voorbereid is, is ouerskap. Al voorbeeld wat ons eintlik het, is die ouerhuis waarin ons grootgeword het. Dis al verwysingsraamwerk wat ons het. En ons ouers het ook maar, nes ons, nie geweet wat om te doen nie en foute gemaak.

Hierdie blog is nie ‘n ensiklopedie nie. Wat ek hier skryf, is maar wat EK glo oor opvoeding, dinge wat ek gedoen het om dit vir my en my kinders makliker te maak.

Die doel van dit wat ek skryf, is om vir iemand anders te help om die lewe makliker te maak. Dis egter jou eie keuse of jy dit so wil doen. Jou omstandighede is immers anders. Dit maak regtig nie saak nie. Maar as ek jou kan help, sal ek regtig bly wees.

Net soos wat opvoeding van my eie kinders vir my belangrik is, is ook die opvoeding en opheffing van hulle wat nie beter weet of beter gehad het nie, belangrik. Ons het ‘n verantwoordelikheid om ook ander mense op te help, op te hef. Want daardeur maak ons van ons land ‘n beter plek.

Vir onderwerpe en skryfsels oor Ouerskap en Ouerleiding, kliek hier.  Skryfsels oor Opheffingswerk, kliek hier.

Gesels saam, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s