Sedert hierdie blog se ontstaan in 2010, het hier heelwat veranderinge plaasgevind. Aanvanklik was hier net ‘n Toortsie wat geskryf het, maar intussen het Kameel ook bygekom!! Kameel beskryf haarself as: “Stap maar so deur die woestyn en juig oor elke oase op die pad.” Jy kan gerus haar eerste inskrywing gaan lees waar sy haarself bekendstel, of sommer al haar inskrywings.
Toortsie sê: “Ek is so gedoop omdat ek ‘n lig moet wees. Want sien, ‘n toorts is ‘n lig! Dis die heel beste afrikaanse woord vir die engelse woord: “Torch”. ‘n fakkel. ‘n Flitslig. En HIERDIE toorts se lig skyn ORALS in….. daar waar jy dit verwag, MAAR ook daar waar jy nie HOOP die lig sal skyn nie, daar waar jy wens NIEMAND sal met ‘n TOORTS kom loer nie! ‘n Toorts het ook ‘n ANDER doel: Om lig in die donkerte te maak. Om te keer dat mens nie in die donker oor jou voete val nie. Hoe langer ek blog, hoe meer besef ek dat my leefwêreld baie verskil van sommige van die ander bloggers. Want ek woon hier heel in die suide van Suid-Afrika, amper in ‘n utopia! So, as ek soms die storie heel van ‘n ander kant af beet het, besef ek het die van die SUIDEKANT af beet!!! So, beoefen maar geduld met hierdie Toortsie, asseblief!!”
Hierdie is eintlik ‘n kuierblog, waar vriende saamkuier en saamklets. Dis nie ‘n ensiklopedie nie, so, as ‘n feit effens skeef uitkom…
Ons skryf oor die lewe soos wat ons dit ervaar, raaksien, raaklees. Jy mag van ons verskil! Maar daar is ‘n voorwaarde as jy van van ons wil verskil – hier doen ons dit ordentlik, op ‘n volwasse manier!
Mooi dag!!
Ns. Hierdie blog behoort aan God. Als wat ons hier doen, of ons ernstig is of laf, wil ons tot Sy eer doen.
Welkom hier Toortsie! Hoop jy gaan lekker helder skyn hier.
Dankie Dion! Julle moet maar vir my op ‘n subtiele manier laat weet as die batterye flou raak, hoor!
Aangename kennis Toortsie.
Hello Charms. Welkom!! Ek hoop ons sien mekaar nog baie!
Hello,ek sal jou blog lees. Ek hoop dat dit sal my taal better maak. Jammer vir die vuil taal. Any way the only way to make my afrikaans better is to practice reading it.
Baie welkom! Ek hoop jy geniet dit. En dit is soos jy skryf, deur dit te lees, sal beslis help. En deur te skryf, natuurlik ook!!
Toortsie, ek het so half ‘n guns om jou te vra – ons het gister in die vak dieregedrag geleer van verskillende maniere hoe mens melkkoeie kan aanhou. Maar dis nou net in Switserland. Toe wonder ek, kan jy my dalk vertel hoe melkbeeste daar aangehou word?
Hier is vasbinding algemeen, veral by boere wat net ‘n paar beeste het, en meestal in die berggebiede. Dis egter nie goed vir die beeste nie, want hulle is heeltyd op een plek. Daar word dan voorgeskryf dat hulle ‘n x aantal dae buite moet wees. Die toenemende tendens is loopstalle (want melkbedrywe word ook groter), waar daar ‘n eetdeel en ‘n lêdeel is, en die beeste kan rondloop op hulle eie. Dink hulle kan dan ook op die weiveld in die somer. En waar word die versies gehou? Hier word hulle in groepe in “igloes” gehou.
Sal baie waardeer as jy vir my so bietjie informasie kan gee!
Graag. As ons weiding het vir die beeste, wei hulle in groot kampe of lande. Onthou, hier by ons is RUIMTE nie ‘n probleem nie. Sekere troppe melkkoeie word wel in groot voerkampe aangehou. Maar hulle is beslis nie vasgemaak nie en daar is genoeg beweegruimte. Die meeste troppe loop op die lande. Koeie wat opgedroog is loop ook op baie groot lande. Versies word aanvanklik in klein hokkies gehou sodat hulle goed versorg kan word en sodat hulle nie mekaar kan besmet met siektes nie. Ook net vir die eerste ruk, dan kom hulle in groter kampe waar baie speelplek is. Wanneer hulle regtig mooi groot is, gaan hulle ook lande toe en wanneer hulle gereed is vir die bul, word ‘n bul by hulle gesit. Hulle bly daar totdat hulle kalf. Ek voel regtig my man kyk mooi na die diere!!
My wêreld.
Ek wou op Facebook die woorde sit van “My emmertjie loop oor, my emmertjie loop oor, . . .”, toe “google dek dit soomer, hoekom sal ek nou iets oortik, toe kom ek by jou blog uit.
Dié is die laaste liedjie op Juanita du plessis se nuwe CD “Wees Lig”. . . FANTASTIESE CD.
Aangename kennis. Nou gaan ek eers ‘n sjokoladepoeding (probeer) bak.
Groete
Petra
Hello! Het jy toe wel by die emmertjie se woorde uitgekom? Want iewers iewers iewers op hierdie blog, dink ek, behoort dit te wees.
Ek en my plaaskinders (die werkers se kinders) sing dit vreeslik graag. Ek sal daardie CD moet kry, want ek sing dit op “hoorsê” en ek is nie so seker of ek dit altyd reg sing nie!
en van blydskap
loop nou oor!!! 
My emmertjie loop oor, my emmertjie loop oor!! My emmertjie van vreugde
Dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, dit kan maar bietjie mors, want die mense is so dors!!
http://toortsie.wordpress.com/2011/02/12/my-emmertjie/
My liewe mens!! Ek nooit kom kyk of jy my geantwoord het nie!! Ek is besig om my eposse uit te sorteer. Het eposse vanaf 2008 op my PC!! Toe kom ek weer af op eposse re “Toortsie”. Ek het “subscribe” tot jou blog ma nooit weer iets gehoor gehoor nie, toe kom kyk ek of jy nog lewe
Het jy toe daai CD gekoop? My niggie woon ook da in Swellendam…
Helloooo!!! Ek kan nie verstaan dat jy nooit weer gehoor het nadat jy “subscribe” het nie. ek verstaan nie altyd die tegnologie nie! Nee, nog nie die CD gekoop nie! Ek ken die Swellendammers maar swak, werk meer na ‘n ander dorp se kant toe. Ken jou niggie vir my?
Het nou sommer ‘n klomp van jou posts gelees, baie inspirerend
Dankie!
Welkom! En dankie!
Aangename kennis!
Toortsie, baie dankie vir julle bereidwilligheid om te help met die wiegeliedjie!
Ek las weer die skakel na die gediggie wat ek geplaas het op woes:
http://www.woes.co.za/bydrae/gedig/lullaby
Beste wense vir die nuwe week.
ek sal dit aanstuur vir my dogter. Groete
Sien jou so af en toe op Attie se koffietafel blog.Ek hou nogal van jou skryfstyl en jou blog lyk baie interessant.Ons het al baie in Stilbaai vakansie gehou.Ek is n gebore Kapenaar,maar het hierbo in Pretoria groot geword.Het al verby Swellendam gery en lyk na n baie mooi deel van Suid Afrika.
Groetnis.
Dankie Werner, en baie welkom. Onthou, ons is 3 wat hier skryf: Toortsie, Kameel en Bokbaaivygie. Loer gerus weer in.
vertel bietjie van bokbaaivygie? dit raak nou n baie interessante kombinasie
Sy moet self vertel!! Ek dink die groep is nou voltallig. Iemand wat ook al die pad van die lewe gestap het, en baie het om vir ons te vertel, te leer….
Het jy ‘n blog? Die adres is vreemd.