Of ons dit nou wil erken of nie, dit wat ons deesdae van huwelike sien en hoor is nie baie mooi nie. So min mense is opgewonde oor hulle huwelik. Mens hoor soveel negatiewe goed wat mense met hulle huweliksmaats doen, wat hulle oor hulle huweliksmaats sê, dis eintlik angswekkend. As dit dan so gaan en as dit die atmosfeer is wat mens optel, kan dit soms nie anders dat jyself ook sommer begin dink dat jou eie huwelik ook nie veel werd is nie.
Dag 120 uit die dagstukkieboek, “Waag dit om lief te hê” skryf so mooi oor hierdie onderwerp. Spreuke 5:18-19 is die sleutelvers. Die beskrywing: “Moenie dat die samelewing rondom jou jou huwelik se waarde bepaal nie. Om jou huwelik met iets te vergelyk wat weggegooi of vervang kan word, is om God se doel vir die huwelik te oneerbiedig. Dit sal wees soos om ‘n ledemaat te amputeer. Jou huwelik behoort eerder ‘n prentjie te wees van liefde tussen twee onvolmaakte mense wat kies om mekaar ongeag alles steeds lief te hê. Elke keer wanneer ‘n man in sy vrou se oë kyk, moet hy onthou: Wie sy vrou liefhet, het homself lief, en ‘n vrou moet onthou dat wanneer sy hom liefhet, sy ook haarself liefhet en respekteer. Wees altyd op die uitkyk vir maniere waarop julle kan waardeer en beskerm wat God vir julle in mekaar gegee het en moet nooit skaam wees om vir jou maat te sê hoeveel waardering jy vir hom of haar het nie. Wanneer jy na jou maat kyk, kyk jy ook na ‘n deel van jouself. Behandel haar dus goed. Praat dus met lof van hom. Versorg en koester die liefde van jou lewe.”
Kom ons werk aan ons huwelike. Soveel so dat ons begin om ‘n positiewe atmosfeer te skep en sodoende ook ander aan te moedig om te werk aan hulle s’n!! Onthou, die dag toe ons getrou het, het ons gedink: “Ons huwelik gaan anders wees.” Maar dis net onsself wat ons huwelik kan anders maak!! Kom ons maak dit FANTASTIES!! Liefde is ‘n keuse!!
Toortsie
Net een geheim: Jou huweliksmaat moet jou beste pêl wees dan val die res alles in plek.
Netso!
Huweliksmaats moet mekaar ondersteun en onderskraag. Erken alles is nie maanskyn en rose nie. As daar moeilike tye is maak ‘n punt daarvan om saam daardeur te werk. Ek weet, ek was 50 jaar en ses dae getroud. Goeie tye was daar baie maar in die moeilike tye het ons mekaar nog beter leer ken, soveel so dat die laaste 20 jaar nog beter was as die eerste 10.
Wat ‘n pragtige getuienis van die huwelik klippie
Pingback: Huwelikstrou | Klip in die bos
Ai jong, ek stem saam: Die huwelik kry maar swaar vandag, dis nou vir die wat wel trou… Ek weet net, dit vat 2 om te tango, en assie enie willie, issit mar moelik!
Ons was ongelooflik gelukkig in die begin, manlief het gedink :die Einde kan maar kom, want hyt nou die lewe in volheid beleef! Ekt geblom, en was goed vir hom, en hy vir my….
Maar toe kry hy emosioneel seer in familie krisis en hol weg van die Here..en van my- in sy eie klein wêreld in. Vir jare…. sinisme, grumpy en Depressie volg… en ek gee liefde en liefde en sorg en help en hou die gesinswa en die bloedjies wat grootword emosioneel, fiesies en finansieel aan die gang….tot my tongsleep en ek fisies uitbrand. En ek wonder of hy ‘n ander vrou het, want hy sien my nie raak as vrou nie en hou net van ek wat aanhousorg en gee en gee. Ek verander my hare, hou die kinders stiller, probeer maerword ( al is ek ‘nietevetnie’), probeer verlei (maar eksnieregtigsonie)… en raak moedeloos, want niks beweeg hom nie. En ek begin glo, hys nie meer lief vir my nie, want hy leef heeltemal afgesluit van my enfunksioneer sonder enige buite gesin verhoudings.
En die Here leer my : ek ‘enable’ nou al te lank en moet grense stel, want dis 5 jaar later en die depressie is nou weg, maar die slegte gewoontes bly van blaf op vrou en kind en neem nieverantwoordelikheid vir homself of sy gesin nie en werk steeds nie….. En ek praat mooi en sag en later stel ek versigtig kleinerige grense, maar kry groot teestand en ‘als is my skuld’ en weer 3 weke stilstuipe; Maar die HERE is met my en help my en troos my en ek leer ken Sy hart soos ek nie anders sou nie en Sy hart vir almal wat stukkend is….en ek groei en raak ‘n bron van Lewende Water vir ander…
Maar soms sukkel ek met die mensallenigheid in my huwelik, want eks gemaak vir verhouding (en het kosbare siel-en-Gees susters wat Vader op my pad gesit het en is betrokke by kerk en samelewing).
Maar hy wil nie.
Ai Annetjie…. Maar ek weet jy hou moed…. Sterkte vriendin, baie sterkte!!
Wat ek wel geleer het in die tyd is: Ja, life isn’t fair en as mense (veral my naastes) om my sondig en verkeerdkies, kan ek baie swaarkry.
Maar God laat NET toe WAT Hy kan gebruik!! En DIS vir my amazing. Want ALS is nog in Sy hand, en daars ek (en jy) veilig.
Die Here laat ook klomp goete toe wat vir ons moeilik is, om ons te ‘stir’ en vir ons te wys wat is in ons eie harte. (Dis nie altyd die duiwel wat ons ‘oppress’ nie.) Vader wil hê ons moet verantwoordelikheid vat vir onsself en ons eie ‘ou’ goed.
So: As mansomslief my upset, trigger dit eintlik my ‘stuff’ van jaar toet en as ek daaruit reageer, dan ‘trigger’ dit hom weer, en so aan. Ek moet dus gedurig as ek upsetterig voel, vra: “Here, wat glo ek wat my so laat voel?”
En meestal is dit dan ‘n leuen oor myself (‘Ek is maar minderwaardig omdat…’), oor ander mense (‘hulle is beter as ek’), oor God (‘Hy wil nooit met my praat nie’) of oor omstandighede (‘Ek is uitgelewer en kan niks doen nie, omdat…’)
En dan, as ek my leuen identifiseer het, moet ek vra: ‘Here, wat dink U hieroor?” en dan wag ek…en dan antwoord Hy my …ALTYD! EnSy waarheid maak my vry en gee my vrede, sodat ek volgende keer nie ‘gestir’ word op dieselfde plek nie.
Soms moet ek gaan kyk waar ek voorheen of die eerste maal my leuens leerglo het, dus in ‘n spesifieke situasie….en as ek daar Waarheid gekry het, bring dit vrede in vandag se soortgelyke dinge….
Mag jy wat dalk ook by tye sukkel agv jou ‘old stuff’, ook ervaar dat Jesus se perspektief oor wat jy glo jou vrede gee en vrymaak.
Dankie Toortsie en Kameel vir julle blog. As ek dalk te veel skryf of op ‘n verkeerde plek, sê maar hoor. Ek ken nie juis van blog nie, maar ek moes net reageer…
Ek sal op ander dag dalk iets skryf oor grense, want dit was vir my ook ‘n moeilike les, leer nog steeds aan hom…
Annetjie! hou aan skryf! Asseblief!
Maar ekself het al groot geleer in my lewe rondom grense stel. Veral na jou vorige opmerking voel ek ek kan ook iets daaroor skryf, maar ek dink en dink en dink oor my woorde…
Onthou, hierdie juffrou-Toorts se hele uitgangspunt is om ander te help, al help ek hulle soveel keer eerder van die wal af in die sloot. Jou reaksie help weer soveel mense en ook vir my!
Ek wil ook ‘n ding skryf oor grense. Uit eie ondervinding. Ek is mos nie ‘n sielkundige nie!!
As jy nou dink, waar jy nou staan in jou huwelik, waar manlief nie so lekker wil saamwerk nie, waar dinge vir jou erger as erg is… is jy bly jy het besluit om God se pad te loop, al is dit dalk ‘n baie moeilike pad, al is die besluite soms bitter moeilik, al het jy dalk al hoeveel keer gevoel om tou op te gooi, of was jy nog nie daar nie? Ek was al. Ek wonder soms, sou die ander pad dalk makliker gewees het? Makliker vir nou, maar in die toekoms dalk nie so maklik nie of altyd maklik? As jy nie hierdie vrae wil antwoord hie, hoef jy regtig nie!
Ek wonder so baie keer oor iemand wat jare gelede uit haar huwelik gestap het, en almal was in verwondering oor sy so geen geheim maak van hoe verlief sy is nie…. en ek die gesin wat agterbly se absolute pyn moet aanskou, totaal gebroke. Nou, na heelwat jare is die gesinslede almal weer aan die gang, redelik normaal, redelik aangepas, maar sy sukkel nog steeds, is nou al amper desperaat… sê nou sy het daai tyd anders gekies, het sy dalk baie jare van baie moeilike huwelik gekies, maar is sy nou beter af?? Die ongeluk is dat ‘n mens nooit weet nie!
Ek hoop jy kom weer kyk of daar ‘n antwoord is!!
Mooi aand
Jong ja Toorts, as ek nou eerlik is, was ek seker al ‘n paar maal by die plek van ‘ek het nou rêrig genoeggesukkel en issiemeerlussie’, maar my respek vir God en my vrees dat ek iets sal doen wat afstand tussen my en Hom sal bring, het my nog altyd gekeer om iets drasties te doen. As ek so terugkyk, kan ek sien hoe Vader wou hê dat ek moet ‘grootword’. En ek hol maar altyd in my woesste omblikke na Hom toe. Op die tye wat ek ook nou rerig nie meer ‘n greintjie liefde voel nie, dink ek altyd aan ‘n vriendin van my wat jare terug, toe ek myself so behoorlik jammer gekry het, gesê het: “Annetjie, bid jy nou maar dat die Here jou weer liefmaak vir jou man, want Hy kan dit doen 1-2-3. Maar jy moet vra! Al is jy nie lus nie en hy verdien dit waarlik nie. ” Tall order, maar dit het gewerk, elke keer.
(Eienaardig genoeg het sy nie haar eie raad enduit gevolg nie, en uitgeloop met dogter en al, net om paar jaar later deur haar nuwe verloofde geskiet te word, sy en dogter dood! Baie tragies. Ek was baie lief vir haar, maar jammer syt verkeerd gekies. Ek dink net ‘n mens neem jouself onder God se sëen en beskerming uit as jy ‘sommer net’ loop. Dit sê nie loop is altyd verkeerd nie, maar defnitief as dit gaan oor ‘dis nie meer vir my gerieflik nie’)
Soos ek dit verstaan, werk dit so: Sodra ek MY WIL ondergeskik stel aan God s’n vir my (al is die besluit net in my kop en is my hart nog glad nie daarin in nie), dan kom HY MET POWERSTEERing- dis nou die Heilige Gees- en MOVE my hart en lyf om in te val by my kopkeuse. Vir my is dit ‘n wonderwerk wat net die Here kan doen.
Want ek is maar ‘n stuckup ou Volla, jy weet die Volkswagen kewer ou studentekar, waaraan ek moet beur en trek om hom te laat draai, maar My Pa is ‘n Baie Smart Merc wat met net ‘n ligte pinkie aanraking my move …
Maar dis noggie die grense-storie nie…
Waar moet ek hom skryf, hê Toorts?
en hoe cut en paste/edit ek my storie as ek vergeet getik het? en wat van Bold en onderstreep?
liefjou nè
Sjoe, maar nou gesels ons lekker lekker lekker!!!
Laaste vraag eerste. Wil jy hom hier by ons skryf? Of wil jy hom op jou eie blog skryf?? Oor die grense en al die ander dinge wat jy wil skryf?
Eendag, baie jare gelede was ek ook by moedverloor se vlakte verby. My man was op ‘n mannetoer en ek en my kleine meisiekind het al my ou studentepelle gaan opsoek. My huwelik was aan skerwe. My totsiens woorde aan my man was, dat ons maar die week moet gaan doen wat ons moet, en as ons terugkom, het ons hopelik nuwe moed om weer van voor af te begin. Daardie week was my man so verskriklik besorg oor my, het my baie gereeld gebel. So beland ek by ‘n baie goeie, getroue vriendin wat ek in St 6 op ‘n dogterskamp ontmoet het. Iemand met wie my pad deur my eie toedoen dalk ‘n bietjie vervreem het, maar sy was altyd daar. Ons was altyd daar vir mekaar, as die krisis sou opduik. Prys die Here! Die aand stort ek my hart vir haar uit. En sy bid vir my. Weet jy wat bid sy? Nie dat die Here my man met ‘n plank moet klap nie!! Nee!! Sy bid dat EK GEHOORSAAM SAL RAAK! Dit het my my hele lewe lank bygebly, ek het dit al vir baie mense vertel. Want dit was die gebed wat ek nodig gehad het, en sy het die moed en die oortuiging gehad om juis dit vir my te bid, dit wat ek dalk op daardie stadium nie wou hoor nie!! Dit was en is nog steeds vir my baie kosbaar! Ek wonder of sy dit ooit besef het. Wel, ons het huis toe gekom en weer begin soos soveel ander kere. Dankie tog vir oor beginne!
Nog iets waaroor jy meer sal moet uitbrei is die ding oor die leuens!
Dis 5 voor 2 in die oggend, ek het ‘n onrustigheid in my hart, waaroor is ek nie eers seker nie. Ek dink my Maandae vra deesdae te veel van my. Maar dis oraait. Hou skool vanaf 8 tot 4, kom huis toe, bied die bybelstudie aan wat laat aanhou. Dan raak ek moeilik rustig. Maar ek het nou heerlik stil geword by God. Dink amper ek sal nou kan gaan slapies.
Mooi dag, ek glo jy gaan hier in die dag kom lees?
Ek is seker daai vriendin het maar net gedoen wat sy by die Here gehoor het sy moet doen. Dis mos in elk geval Jesus self wat oorbegin begin het! Ek prys ook die Here vir vriendinne wat nie ons OF ons mans judge nie! Maar ons oprig en moedgee en ‘skiet- en- ‘skoponner die g.. …’ gebede bid as ons dit nodig het!!
Dis mos die body daai- die gee aan en ontvang van mekaar is van die kosbaarste dinge wat die Here vir ons gegeee het op aarde.
Jong Toortsie, ek sal maar moet sien van ‘n eie blog… Dit klink nogals lekker en jyt al goeie tips gegee. Sal bietjie dink daaroor…
Begin daai blog!! Jy sal nie spyt wees nie. Dis BAIE bevrydend. Dit help jou om woorde aan jou gedagtes te sit, jou gedagtes te sorteer. Dis sommer net LEKKER! EN soos dit vir my lyk, het jy BAIE wat jy vir ons kan vertel en mee help!
Jy laat my bietjie lag. My kinders sê ek het baie wat ek kan preek!! ek dink weer daaraan as ‘lewenslessies’! Maar dis maar goete wat die Here persoonlik vir my kom oopmaak het en dalk nie vir ander van soveel waarde nie. Of dit irriteer hulle plein en ek werk op hulle senuwees.
Weet nie of dit ‘blogtaal’ is nie?
Blogtaal is die taal wat jy praat. Altyd reg. En die lekker van blogs is…. as jy op die ouens se senuwees werk, is hulle welkom om heel bo regs op hulle rekenaarskerm die rooi kruisie te druk. Hulle kan kies om jou te lees of nie!! Lekker ne???
Ok, ek sal eers jou ‘opleidingsgids’ deurwerk wat ek hier op ‘n ander plek gesien het, en dan kyk hoe ver kom ek. Toorts, jy inspireer my !!
Ja, ma toorts, ek is nie slim met die opstel van headers en sulke goed nie en moet nou eers loop leer hoe. ek weet nie eers wat beteken die name nie. Ek wil sommer net begin tik as ek so voel, en als moet sommer net klaar regwees! Hoe klink dit vir jou?!
My slim seun sê juis sy ma is van die ‘currently disadvantaged’ groep as dit by technology kom.
Ma watch my. Ek sal nog hierdie perd ry kry. (Moet net tyd kry – het bietjie min van daai)