sokkerbegeesterd…

Hierdie is ‘n ou post wat ek op my vorige blog geskryf het. Die inligting daarop is daarom dalk verouderd, maar omdat my kop nou so al om die plaaskinders draai, sit ek dit sommer weer op hierdie blog. Dit was my heel eerste blogpost ooit!! (13 Junie 2010)

Ons is BEHOORLIK sokkerbegeesterd hier op ons plaas! Die plan was dat elke werker, sy vrou en al die kinders op die plaas ‘n sokker-hempie moes kry. Tannie Etta het daarvan gehoor en besluit om vir elke kind ‘n sokkerbal te koop. Wel, dit het ontaard in ‘n hele sokkerpartytjie met ‘n vlagkoek, hempies, balle, vuvuzela’s, sokkerpenne, vlaggies, ens! Was dit pret!!!! Ons het heerlik koek geëet, sokker gespeel op die gras, gesing dat die biesies bewe, en vuvuzela’s geblaas dat ons dit wie weet waar kon hoor! Die vreugde wat ekself daardie dag beleef het, wil ek vir geen geld verruil nie! Mense, net ‘n klein bietjie aandag en moeite, maak die wêreld se verskil! Dis SO die moeite werd!

En hier is my verslaggie oor gister se spelery…

Keenan kan beslis praat! Ag dankie tog, hy is nie doof nie! Joswin se een voetjie se 3 tone is aan mekaar vas. Hy sê vir my hy is so gebore. Ek vertel vir hom hoe baie spesiaal hy is, van al die kinders in die wêreld het God hom spesiaal uitgesoek om so ‘n besonderse voetjie te hê. Hy moet trots wees op sy voet. Dit gaan heelwat beter met die vormpies, en hier en daar word ‘n kleur reg geraai. By die prentjie van Noag ken Joswin ‘n bok en voël. Deylin kan ook die tier raakraai as ‘n “leeu” en hy ken die skilpad. Kameelperd is vir aldrie vreemd.  Die twee nuwes is alreeds nie meer so vreemd nie… iets wat ek as vordering ervaar! God sorg vir Deylin. God sorg vir Keenan. God sorg vir Joswin. O, ja!!

So lyk hulle drietjies:

VLNR: Joswin, Keenan, Deylin

Groete

Toortsie

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
This entry was posted in Opheffingswerk; Opvoeding, Plaaslewe en Landbousake and tagged , , , . Bookmark the permalink.

4 Responses to sokkerbegeesterd…

  1. demoerin says:

    Wat my altyd verbaas is hoe min dit vat om kinders gelukkig te maak. Dit vat net bietjie tyd en moeite, en hulle is waarlik geseënd om jou te hê.

  2. karen says:

    Stem, die kinders is soos sonneblomme wat oopgaan onder Toortsie se lig! Dit moet baie bevredigend wees vir jou, en heerlik vir hulle – aandag en positiewe stimulasie :)

  3. MaanKind says:

    Toortsie, jy gaan nog geseën word X baie.

  4. Kameel says:

    Ek stem saam met MaanKind, jy gaan geseën word. Jesus het mos gesê as jy jou talente gebruik gaan jy meer ontvang :)

Gee jou mening, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s