Ek kom uit ‘n familie met ‘n voorliefde vir perde. Dit beteken natuurlik glad nie dat EK kan perdry nie!! My oupa was bekend vir sy perde, maar ook veral vir sy Schetland Ponies.
Hy het ook met muile geboer en het takbokke van Switserland af ingevoer. My pa het met die perd skool toe gery.
As kind het ek graag op die ponies gery. Maar een dag toe ek nog redelik klein was, het ‘n maatjie by my gekuier, ons het die man op die plaas gevra om vir ons elkeen ‘n ponie op te saal en weg is ons!! Ek het daardie dag “afgeval”, maar as ek regtig mooi dink was dit nie ‘n ware val nie, maar was ek dalk net bang. Plaas dat ek dadelik weer opgeklim het!!
Later jare het ek vir my pa gesê ek is nou lus vir perd ry. Hy het geantoord dat ek graag mag ry, maar dat ek elke naweek moes ry en nie net af en toe nie omdat dit ‘n perd steeks maak. Helaas. Ek het nooit so ver gekom nie. My dogter sê as ons ‘n fliek uitneem en ek kies, kan jy maar kyk, daar is ‘n perd in!! Nou, op my ou dag begin dit my al hoe meer pla en wonder ek of ek nie maar ‘n baie ou, rustige, hondmak perd moet kry en vertroetel nie. Ons tweetjies kan mos elke dag vir ‘n stadige stappie gaan….
Maar vanoggend het ek en my dogter en ‘n vriendin onsself bederf!!…
Ek kan nog nie besluit WAT ons gedoen het nie!! Het ons SAAM MET die perd gery? of OP die perd? Ek dink nie dit wat ons gedoen het kwalifiseer as PERDRY nie!! Maar dit was HEERLIK!!…………………..
Toortsie


Ai maar dit lyk mos nou lekker!!
Nou is daar perde!
Ek dink party mense is net natuurlike perderuiters, hulle liefde vir perde, die manier waarop hulle perde hanteer ens. Ons sien dit met ons kleinkinders, almal ry perd, maar ons blondekop sewejarige Jes, het van kleintyd af ‘n manier rondom perde wat die ander kortkom. Kry vir jou daardie hondmak perd, en geniet die stap of gallop… wie weet waarheen dit kan lei.
Dink nie ek sal daai perd kry nie. Ek het ‘n rug-operasie gehad…
Pingback: Rugprobleme by perde | Swartbelt vir diere
Dit lyk lekker
dit lyk heerlik. Tog, perd, nes quads en motorfiets is nie vir my nie. Ek sal eerder kyk, dankie.
Olga, ek moet erken… so een maal ‘n jaar is dit heerlik, dalk nie elke dag nie! Dis soos kameel ry… een maal ‘n leeftyd is dit HEERLIK!