Tannie Tossel se blokstorie

Eendag lank, lank gelede was daar ‘n klompie maats in blokland. Hulle het elke dag by mekaar gespeel. Partykeer het hulle rooi koeldrank gedrink en koekies geëet, partykeer het hulle sommer net lekker gesit en gesels. Als was net baie lekker.

Toe, een dag, kom daar ‘n TROL uit Litteland!! :shock: Hierdie trol het almal kom omkrap. Trol wou vir hulle vertel hoe ‘n mens eintlik moet speel in blokland. Trol wou net baklei, lelike dinge sê en het almal hartseer gemaak. Later was die maatjies ook sommer kwaad vir mekaar en dit oor kabouterpoefies!!

En dis net daar wat die blokmaatjies besluit: Tot hier toe en nie verder nie!!! Hulle het Trol in ‘n lokval gelei. Bossie Blomme het vir Trol genooi vir groen koeldrank en roomys. Pikkels en Murphy het ook saamgekuier. Hulle het in die kombuis by die tafel gaan sit. Hy kon  nie sy oë glo toe hy die meermin sien wat ook daar is nie! Wat hy nie geweet het nie, was dat die droplekker nie regtig ‘n droplekker was nie en toe hy dit wil byt, boks Droppie hom op die mond! Gogga wat onder die tafel weggekruip het, gee hom toe ‘n giftige byt aan sy been. Turksvy het ewe onskuldig daar gelê, maar het gesorg dat daar ‘n klomp dorings in sy hand beland. Hy wou nog nie hoor nie en sit toe sowaar die hoed (wat eintlik ‘n blokmaatjie is) op sy kop! Maar Krappie, wie in die hoed weggekruip het, knyp hom toe aan die oor.

Trol besluit toe dat dit nie meer pret is nie. Hy spring op, gryp die heks se besem en probeer daarop vlieg, wat hy natuurlik nie kon regkry nie. Die twee beeste, en nog een melkkoei wat buite staan en wei het, gee hom ‘n lekker trap, hy spring op die perd wat hom dadelik afgooi. Hy sien daar staan ‘n donkie en probeer op hom klim, maar donkie byt sy vinger af en gee hom ‘n lekker skop.  Al raad wat Trol het is om te hardloop, maar Slakkelak het gesorg vir genoeg slym en hy gly sowaar en beland weer eens op sy boude. :lol:

Dis toe dat dit al begin donker raak. Daar in die verte sien  hy ‘n liggie flits! DIS waar hy gaan hulp kry! Toe hy by die lighuis kom is daar geen mens nie. Daar brand net een ou kersie. Skielik loer daar ‘n Spookgesig om die deur, die pampoenskulpie in die venster roer vreemd, en die kerslig gaan dood. Weer hardloop hy, terwyl hy met Klippies bestook word en ‘n Rooi Duiweltjie se lag hom agtervolg.

Die volgende dag was daar geen Trol in sig nie, slegs ‘n vlieëer wat vriendelik wapper in die son…..

Daar was nog ‘n hele klomp ander blogmaatjies ook wat gehelp het!!! So, TROLLE, wees gewaarsku!!!!   ;)

As jy hier genoem is en nog nie deur iemand anders ge”tag” is nie, moet jy asb vir ons in opdrag van Merriegriet, ‘n kinderstorie skryf.

Ns. Hier en daar het ek ‘n term of beskrywing by ander blogs geleen…

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
This entry was posted in Blogging, Lawwighede; Tong-innie-kies. Bookmark the permalink.

31 Responses to Tannie Tossel se blokstorie

  1. Olga says:

    whoop! Whoop. Viva toortsie.

  2. MaanKind says:

    Hallo Toortsie! Ons was ‘n week op vakansie, en ek kom later opvang, so dankbaar vir al jou skakels hier!

  3. demoerin says:

    **Applous** Wel gedaan :lol:

  4. seegogga says:

    Sjoe, BRILJANT en SKITTEREND!!!- ek dink nie ons kan hier KERSvashou nie- hierdie TOORTS se LIG aan die Suidpunt is BAIE LIG EN BAIE STERK!!!!

  5. Ingrid Marais says:

    FENOMENAAL, BETER KON NIEMAND NIE!!! UITSTEKEND, YOU GO!!!!!!!!

  6. Ek doen nie eintlik die tags ding nie, maar ek het my storie geblog :)

  7. karen says:

    hehehe, oulik. wat ‘n verbeelding, toortsie!

  8. klippie says:

    Ek het dit nou geniet.

  9. Pingback: ‘n Lang reis na geluk | Swartbelt vir diere

  10. Pikkelik says:

    Hê-hê-hê! Lekker storie, en ek sal myne ook insit, gee my net so ‘n kansie asseblief!

  11. turksvy says:

    LOL, goed gedoen, Toorts, maar nou sit jy my in so hot spot… :lol:

    Sal bietjie daaroor gaan dink!

  12. Xena Phoenix says:

    Nice een Fakkel. Dit is nogal baie pret om so almal se stories te lees. Gelukkig het ek nie ook vir eie illustrasies gevra nie. Dan het julle rede gehad om te kla. :evil:

  13. Uitstekende werk, Toortsie!!!

  14. Slakkelak says:

    Ek het nou heerlik geskater vir hierdie oulike stukkie werk! ‘n Kinderstorie, ne…. mmm. ‘n Uitdaging vir my. Maar more, Trol het my ‘n migraine gegee vir vandag

  15. Pingback: Trol se dinges « Slakkelak

  16. Slakkelak says:

    Nou toe. Hier is my storie. http://slakkelak.wordpress.com/2011/08/17/trol-se-dinges/
    Ek is nog te dom om te ping en te tag. Julle moet my maar vertel hoe.

  17. demoerin says:

    My huiswerk wat deur die Grote Slawedrywer uitgedeel was is ook gedoen.

  18. Pingback: Eendag was daar « Chessalee

  19. Pingback: Die klein denneboompie « Turksvy se Bloggie

  20. Pingback: Tannie Tossel se Trolstorie « Toortsie se Blog

  21. Pingback: Huiswerk « Om die Kombuistafel

  22. Pingback: Flitslig se storie… « Pikkelik se blik

  23. Pingback: Deurmekaar gedagtes | Toortsie en Kameel

Gee jou mening, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s