Wat is liefde?

Seegogga skryf so mooi oor die liefde. Gaan lees dit gerus.

Na my mening is die liefde ‘n wilsbesluit. Wanneer die verliefdheid oor is en jy agterkom dat jou maat ook net ‘n normale mens met foute is, kies jy om hom of haar nog steeds lief te hê. Al lyk sy/hy nie meer so jonk, jeugdig, vaartbelyn soos hy/sy gelyk het toe julle getroud is nie.

Dis die keuse om na elke terugslag, elke krisis wat daar beslis oor jou pad kom, weer te vergewe, weer te begin. Om weer die mooi in die ander persoon te soek. 

Ag, natuurlik is daar altyd klein skaafwerkies en verander ons tog oor tyd, maar liefde is om te besef dat jy nie regtig die ander persoon kan verander nie en hom dan lief te hê, net soos hy is.

Liefde soek die mooi in die ander persoon. Liefde doen dinge vir die ander persoon, net omdat hy/sy daarvan hou. Liefde is om saam te lag, met mekaar, vir mekaar. Liefde is om dinge saam te doen, om dit sommer net te geniet om saam te wees.

Ek het vir my man gevra om liefde te verwoord, en hy het net een woord gesê: “Omgee”.

Liefde kom nie vanself nie maar is soos ‘n klein plantjie wat elke dag versorg moet word. Kyk jy mooi daarna, word dit ‘n pragtige, gesonde, groot plant. Verwaarloos jy dit, gaan dit kwyn en later sterf.

Kom ons kies om lief te hê. Nie net op Valentynsdag nie, maar elke liewe dag van ons lewe. Kom ons kies om op te staan, te vergewe, weer te begin.

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

7 Responses to Wat is liefde?

  1. seegogga says:

    Mooi gestel, Toortsie! Partykeer, dink ek , is die werk om dit aan die lewe te hou, net te veel vir party mense. En vir ander- so maklik dat dit nie werk is nie.

  2. PlaasJuppie says:

    Liefde is ten spyte van ….

  3. jagternw1976 says:

    Dit is beslis ‘n wilsbesluit ….. my opinie saam joune. Ek het na my egskeiding jare terug (seker so mmm … 6 jaar ?) BAIE girls gehad en nooit vir een regtig lief geword nie, dit was my besluit, ek wou nie. NOU het ek die pragtigste vroumens en dinge het rof gegaan, totdat ek die besluit gemaak het om REGTIG vir haar lief te wees.

  4. jagternw1976 says:

    He he, beslis. Ek WIL vir BAIE lank vir haar lief wees.

  5. wackzo ''b" says:

    dis waar liefde moet van diep binne afkom

Gesels saam, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s