Liefdesbrief

Seegogga het dit goedgedink dat ons, met die oog op Vaaltyndag, vir ons geliefdes ‘n brief moet skryf. Sommer hier aan die begin gee ek dan die opdrag oor aan Rainbowphilosopher en Son om ook julle briewe te skryf. En ek dink sommer net, omdat dit eintlik Seegogga se idee was, kan julle haar ook net noem!!

My liefste man, dis nou al 31 jaar wat ek jou ken. 31 Jaar waaroor ek nie spyt is nie. Na 31 jaar laat jy nog steeds my hart vinniger klop, gee jy vir my skoenlappers op my maag, maak jy my steeds opgewonde. Jy is vir my mooi en ek is trots daarop dat jy na jou gesondheid kyk. Ek is veral trots daarop dat jy so lekker fiets ry en sommer die jonges hier rond stof in die oë ry! Wow!! (Oeeee…. en wat daai fietsry-outfit aan my doen, gaan ek nou nie hier in die publiek uitblaker nie!!) En terwyl ek nou van die jonges praat… dis vir my wonderlik dat jy so lekker regkom met die jongmense in ons kontrei en dat jy hulle help waar nodig. Dankie dat jy so hardwerkend is en dat jy mooi werk met ons geld en so mooi vir ons gesin sorg. Dankie dat jy bereid is om die ekstra myl te stap en altyd nuwe uitdagings aanvaar. Dankie vir die wonderlike voorbeeld wat jy vir ons kinders stel. Jy wys vir hulle wat ‘n rustige, stewige geloof in God beteken en daarvoor kan ek nooit dankbaar genoeg wees nie. Jy is ‘n wonderlike pa vir ons kinders. En jy is ‘n wonderlike man vir my!! Dankie dat jy ons huwelik ernstig opneem. Ek het jou baie lief. En dit wat ek nog wil sê, sal ek in privaatheid doen. Mag jy ‘n wonderlike dag hê. Sal jy my “Valentyn” wees????  Liefde, ek

About Toortsie

'n Flitsliggie wat oral inskyn, ook waar dit soms ongemaklik is...
This entry was posted in Huwelik en Verhoudings. Bookmark the permalink.

8 Responses to Liefdesbrief

  1. NetJane says:

    Sulke aanhoudende en standvastige liefde is pragtig. Geniet jou man!

  2. BB says:

    Lekker om te lees! Dankie! x

    • toortsie says:

      Ai BB, ek wens ek het jou talent gehad. Want jou brief sal net iets uit ‘n ander wereld wees. wil jy nie ook maar vir ons een skryf nie, asb????

      • seegogga says:

        Ek het geweet julle almal gaan pragtige en inspirerende liefdesbriewe skryf. Ek hoop jyhet hierdie een vir jou man gegee om te lees. Hy gaan sommer nog tonne liewer vir jou wees!

        • toortsie says:

          Dankie, juffrou! maar as ek so na die ander kyk, is myne nou nie toonkrulbaar nie. maar dit het uit my hart gekom en ek het dit vir my man ge-epos!! :) dit was regtig een van die moeilikste take wat ek NOG op hierdie blad gehad het. maar ek het oorleef!!

  3. Charms says:

    In ‘n wêreld waar skei al raak soos om brood te gaan koop – Geluk met julle 31 jare. Geniet mekaar en klink ‘n glasie op die volgende 31 jaar.

    • toortsie says:

      Dankie, Charms. maar ek het verkeerd getel!!! oeps! Ons het in 1981 ontmoet, so die einde van hierdie jaar is dit eers 30!! Dis dus nou 29 (25 jaar getroud). maar daar is maar baie genade ook betrokke!!

  4. Pingback: Die liefdesbrief « Kouevuur

Gesels saam, asseblief!

Fill in your details below or click an icon to log in:

WordPress.com Logo

You are commenting using your WordPress.com account. Log Out / Change )

Twitter picture

You are commenting using your Twitter account. Log Out / Change )

Facebook photo

You are commenting using your Facebook account. Log Out / Change )

Connecting to %s