
Dit lyk my die jaar begin sommer met “tag”-speletjies, maar dis lekker. Maar hierdie een werk anders en ek het dit nie uitgedink nie!! Dit werk so – ek gaan jou nie “tag” nie… nee…. JY gaan JOUSELF “tag”. Want dis hoe Son dit begin het en ek het myself daar getag. Jy sal nou lees hoe dit verder werk, indien jy nog nie daar by Son gelees het nie. Sy het dit weer hier gesien…
As jy graag ‘n geskenkie in die pos wil kry, iets wat handgemaak is, dan is jy nou op die regte plek! Want sien, die eerste vyf (5) persone wat hieronder kommentaar lewer, gaan ek kontak…. en (hopelik) voor die einde van Januarie pos ek vir julle iets wat ek self gemaak het. O gits, dalk is dit iets wat iemand anders self gemaak het… ons sal nog sien wat dit gaan wees. Jy hoef nie jou adres in die kommentaar te skryf nie, maar maak asb seker dat die epos-adres JOUNE is. Ek sal jou daarop kontak en jou pos-adres kry.
Maar….. as jy een van die eerste vyf is, en jy gaan ‘n pakkie by my kry, speel jy outomaties saam. Dan moet jy ook so ‘n belofte maak en uitvoer. As jy ‘n blog het, doen jy dit natuurlik op jou blog. Vir my Facebook-maatjies…. daar is niks wat jou keer om dit op facebook te doen nie!! Daar is ook geen beperking nie. As jy voel om die geskenkie vir meer as vyf mense te stuur, stel jy dit so in jou belofte. So maklik soos dit. Onthou, hierdie belofte mag nie gebreek word nie. En ek sal darem graag wil hoor as jy dit gedoen het!
Dankie Son, dit was nou ‘n oulike idee!!
Nou waar is al die kommentaar? Ek sien niks en ek is doodseker iemand het al kommentaar gelewer! Van tag weet ek niks af nie- kon dit nog glad nie regkry nie, MAAR EK WIL GROOT ASSEBLIEF OOK ‘N PAKKIE HE!!! So ek hoop maar ek is onder die eerste 5……
Ek dog NIEMAND gaan saamspeel nie!!! Ek was BEHOORLIK benoud!!! Jy is EERSTE!!! Jy sal jou pakkie kry…. jy mag natuurlik KIES of dit per pos moet gebeur of per hand…. Sal dit GRAAG pos as jy dit so wou he.
Ag, ek dink handgemaakte goed is makliker met handpos of wat se jy? Ek gaan nou die stukkieop my blog sit, en jy kan maar by my ook saamspeel as jy wil. Ek is net nie seker hoe om hierdie HIER, TOORTSIE, en SON blou te kry nie, maar ek gaan probeer……
Herriemerrrie, Zena of een van hulle het hulleself getag, dis waar ek van jou speletjie gelees het- gaan soek nie, daar is nog iemand wat wil saamspeel.
Jy HET al getag!!! Jy “copy” mos net die my adres en “paste” dit by jou. Onthou om die woord wat jy blou wil he, in te kleur en die kettingkie te kliek…. anders…. Lees: Hoe om ‘n nuwe blog te begin by TOORTSIE!!
Ag, ekskuus tog, dit was Olga- lees misterr postman.
ME ME ME!!
Is ek no betyds? Of het ek die deadline gemis?
Heeltemal betyds!!!
TWEEDE!!! Jy het mos my epos-adres daar by jou – stuur asb jou posadres!!!
Hee haaaaa!!!!! Lyk my ek maak dit ook!
Ek sal maar my ding op Facebook moet doen. Toorts – kyk uit vir hom!
DERDE!!! Sonlig, sal jy daar vir my ‘n boodskappie stuur met jou adres op??? Dit raak interessant….. dis ‘n seegogga, ‘n DEMOERIN en ‘n sonlig….. who’s next??? Ek sal loer daar op fb
Sonlig, dalk is dit NET die onderwerp vir jou eerste Post op jou eie nuwe blog… waarvoor jy al laaaannnnnkkal lus is!!
Eish Toorts! Jy gaan nie opgee nie, gaan jy?
1…2…3…. ehhhmmmm Is ekke vraatsig Toorts???
Nr 4!!!! Jy het dit gemaak!!!!
Pingback: Geskenkie vir 2012 | Toortsie en Kameel